|
|
Turkye
|
![]() |
|
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt (A)-Aandete (*)-Ete aan boor die vliegtuig
|
||
Dag 1: Sondag, 23 Junie JOHANNESBURG – ISTANBUL
Ontmoet mekaar om 16:30 by die Turkish Airlines toonbank in die Internasionale vertreksaal van die Johannesburgse O.R.Tambo Internasionale Lughawe. Vertrek om 19:25 met die oornagvlug na Istanbul. Oornag aan BOORD (A*)
Dag 2: Maandag, 24 Junie ISTANBUL
Arriveer om 06:15 in Istanbul waar ons vir ‘n stadstoer ontmoet word. Istanbul is ‘n unieke stad wat aan beide kante van die Bosphorus see geleë is. Hierdie waterkanaal skei Asië en Europa van mekaar. Onderneem ‘n bootvaart op die Bosphorus as inleiding tot ons besoek aan Istanbul. Op die toer van Istanbul sien ons die indrukwekkende Blou Moskee met sy blou Iznik teels wat die binnekant versier. Hierdie moskee is in die 17de eeu gebou. Die St Sophia Museum, die vierde grootste kerk in die wêreld, is ook op die program. Besigtig die ondergrondse waternetwerk wat vir gebruik gedurende oologstye uit die sesde eeu dateer. Water is hier gestoor en die dak van die 70m by 140m lange koepel rus op 360 Korintiese pilare. Bring besoek aan die Topkapi paleis wat vandag ‘n museum vol van waardevolle skatte is wat vanuit die Ottoman periodes dateer.Oorplasing na die hotel vir aandete en oornag in ISTANBUL (O*)(A)
Dag 3: Dinsdag, 25 Junie ISTANBUL – LAODICEA – HIERAPOLIS – PAMUKKALE
Ontbyt word in u hotel bedien. Oorplasing na die lughawe vir die vlug na Denizli. Verterk na Laodicea, een van die sewe gemeentes wat in die jaar 260 v.C. sy ontstaan gehad het. Dit was eens die hoofstad van Firgië waar ‘n groot aantal Jode gewoon het. Die ernstigste van al die waarskuwings is aan hierdie kerk gerig omdat hulle lou was en die Here hulle “uit Sy mond uitspoeg”. Vertrek dan na die Romeinse Spa van Hierapolis. Besigtig die Necropolis, tempel van Apolo, die teater en Roomse baddens. Dit is hier waar Filippus ‘n marteldood gesterf het. U het geleentheid om in die warmwaterbronne van Pamukkale te swem. Oornag in PAMUKKALE (O)(A)
Dag 4: Woensdag, 26 Junie PHILADELPHIA – SARDIS – PERGAMUM – THIATIRA – IZMIR
Bring vandag besoek aan vier van die Sewe gemeentes. Vertrek na die gemeente van Filadelfia. Hierdie stad is deur Attalus II gestig en het bekend gestaan as die stad van broederliefde. Tempels vir verskeie Romeinse keisers is hier opgerig. Groot getalle Christene is hier gemartel. Feitlik niks het oorgebly van die stad uit Johannes se tyd nie. Ons volgende stop is Sardis, die hoofstad van die antieke koninkryk van Lydia. Besigtig die gimansium en marmer-geplaveide sinagoge. Reis verder na Thiatire, ‘n antieke Lidiese stad en een van die Sewe Gemeentes. Maak ‘n draai by Pergamum, ook een van die Sewe Gemeentes en eertydse hoofstad van ‘n groot pre-Romeinse koninkryk Keer terug na ons hotel vir aandete en oornag in IZMIR (O)(A)
Dag 5: Donderdag, 27 Junie IZMIR – SMIRNA – KUSADASI
Onderneem ‘n besigtigingstoer van Izmir en sien die Agora en geniet die uitsig oor die baai vanaf berg Pagus. Bring besoek aan eertydse Smirna - een van die sewe gemeentes. Hierdie pragtige stad was bekend as die “kroon van Ionië, die ornament van Asië”. Alexander die Grote het ‘n kerk op Pagos-berg, wat bo die stad uittroon, gebou. Reis verder na Kusadasi waar ons die res van die dag vry het. Aandete en oornag in KUSADASI (O)(A)
Dag 6: Vrydag, 28 Junie EFESE – KUSADASI
Na ontbyt bring ons besoek aan Efese waar ons die antieke geboue wat uit Griekse, Romeinse en Bizantynse periodes dateer besigtig. Uitgrawings word steeds hier gedoen en daar word voortdurend nuwe ontdekkings gemaak. Paulus het hierdie stad op sy tweede en derde reise besoek. Sien die Basilika van Johannes waar hy volgens oorlewering begrawe is, en die antieke stad met die Agora, die tempel van Hadrian. Besoek die antieke teater waar Paulus vir die Efesiërs gepreek het. Sien die marmerstraat en die tempel van Artemis - een van die sewe wonders van die Ou wêreld. Besoek dan die huis van Maria by die bopunt van die Nightingale gebergte. Dit is in hierdie stad dat die dissipels van Johannes op ‘n wonderbaarlike wyse tot bekering gekom het. Keer terug na ons hotel in Kusadasi. Aandete en oornag in KUSADASI (O)(A)
Dag 7: Saterdag, 29 Junie KUSADASI – SAMOS
Oorplasing na die hawe van Kusadasi. Haal die ferrie na die Griekse eiland Samos. Boek in by ons hotel waarna u die dag tot u beskikking het om Samos met sy kleurvolle promenade op eie stoom te geniet. Aandete en oornag in SAMOS (O)(A)
Dag 8: Sondag, 30 Junie SAMOS – PATMOS
Ontbyt word by die hotel bedien. Ons het vrye tyd op die besige promenade voordat ons die ferrie na Patmos neem. Met u aankoms in Patmos word u na u hotel geneem. Aandete word by ‘n Griekse restaurant in Patmos bedien. Oornag in PATMOS (O)(A)
Dag 9: Maandag, 01 Julie PATMOS – ATHENE
Ontbyt word in ons hotel bedien. Onderneem vandag ‘n toer van Patmos. Die heerser Domitianus het Johannes na hierdie eiland verban en dit is hier waar hy die boek Openbaring geskryf het. Terwyl hy op hierdie eiland was, het hy ‘n gesig gesien van die verheerlikte en opgevaarde Christus (Open. 1:9-20). Besoek die klooster van Johannes wat uit die 11de eeu dateer. Besigtig die grot van Johannes voordat ‘n vroeë aandete in Patmos bedien word. Oorplasing na die hawe vir die ferrie na Athene wat laataand vertrek. Oornag in buitekajuite aan boord die FERRIE (O)(A)
Dag 10: Dinsdag, 02 Julie ATHENE
Arriveer by die Piraeus hawe. Ontmoet u toergids op die hawe en vertrek op ‘n besigtigingstoer van die stad. Besoek onder andere die Akropolis heuwel waar ons die Parthenon sien. Geniet ‘n middagete by ‘n tipies Griekse restaurant in die Plaka aan die voet van die Acropolis. Middag vry in die Plaka vir daardie belangrike inkopies. Oornag in ATHENE (M)(A)
Dag 11: Woensdag, 03 Julie KORINTE – ATHENE – ISTANBUL
Onderneem vanoggend ‘n toer na Korinte. Reis langs die pragtige rotsagtige kuslyn na die brug oor die Kanaal van Korinthe. Die Evangelie het Korinthe sowat twintig jaar na die kruisiging van Christus, bereik. Paulus het vir 'n geruime tyd sy ambag as tentmaker hier beoefen. Besoek antieke Korinte en die museum. U word na die lughawe oorgeplaas vir die vlug na Istanbul wat om 19:25 na Istanbul vertrek. Oornag in ISTANBUL (O)(A)
Dag 12: Donderdag, 04 Julie ISTANBUL
Ontbyt wortd in ons hotel bedien. Dag vry vir daardie belangrike inkopies in Istanbul. Die onderdak bazaar met sy meer as vierduisend winkels bied winskopies om elke hoek en draai. Sluit die dag met ‘n afskeidsete by ‘n tipies Turkse restaurant af voordat ons na die lughawe oorgeplaas word. Die terugvlug na Suid-Afrika vertrek om 23:30. Oornag aan BOORD (O)(A)
Dag 13: Vrydag, 05 Julie JOHANNESBURG
Arriveer vanoggend om 08:10 op die Johannesburg Internasionale Lughawe (O*)
Toerprys: R28 760 per persoon.
Tariewe is saamgestel teen US$1,00 = R8,00 / EUR1,00 = R11,00
Lugreisgeld: R9 400 / Landreelings: US$1 430 + EUR 720
Toerprys is bereken op ‘n minimum van 24 passasiers wat saamreis
|
Ingesluit:
|
Nie ingesluit: |
|
• Ekonomiese klas lugreisgeld met Turkish Airlines insluitend lughawebelasting en
brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings • Twee etes per dag soos per program: (O)- Ontbyt (M)-Middagete (A)-Aandete • Akkommodasie in goeie toeristeklas hotelle • Hotelkamers met privaatgeriewe op 2 persone per kamer basis • Engelssprekende toergidse • Luukse lugverkoelde busvervoer • Besigtigingstoere soos per program • Fooitjies aan toergidse, busbestuurders en portiere |
• Enkelkamer (Opsioneel) EURO 56 per nag
• Reisversekering • Schengen visumkostes vir Griekeland en Turkye en die verkryging daarvan
|
Vir nadere besonderhede, kontak
Kokkie of Silvi Herman Tel: 083 232-7330 / 011 913-1055 / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Bernard Coetzee by 082 454 3413 /
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

