|
ISRAEL |
![]() |
|
|
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt (A)-Aandete (*)-Ete aan boor die vliegtuig
|
||
Dag 1: Saterdag, 03 Maart JOHANNESBURG – TEL AVIV
Ontmoet mekaar om 18:45 by die El Al Airlines toonbank in die Internasionale vertreksaal van die Johannesburgse O.R.Tambo Internasionale Lughawe. Vertrek om 22:05 met El Al Airlines vlug LY52 na Tel Aviv. Oornag aan BOORD (A*)
Dag 2: Sondag, 04 Maart TEL AVIV – CAESAREA – KARMEL – GALILEA
Stryk vroegoggend om 07:40 op die Ben Gurion Lughawe neer waar ons ontmoet word om per luukse toerbus na Caesarea te vertrek. In Caesarea onderneem ons ‘n uitgebreide toer van die terrein. Besigtig ons die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en die gerestoureerde Romeinse amfiteater. Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodus die Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius. By die heuwel van Megiddo geniet ons ‘n indrukwekkende uitsig oor die vlakte van Armageddon waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal plaasvind. Die
opgrawings toon 120 nedersettings opmekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000v.C dateer. Josua het die stad ingeneem en gedurende die regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was. Besoek die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het.
Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein. Aandete en oornag by ons hotel in TIBERIAS (O*)(A)
Dag 3: Maandag, 05 Maart GALILEA OMGEWING
Ontbyt word in u hotel bedien. Onderneem ‘n bootvaart op die See van Galilea met geleentheid vir ‘n kort oordenking. Bring besoek aan die Bootmuseum
waar u die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. Reis verder na die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge en Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan die dissipels verskyn het en hulle saam geëet het. Sien die uitgrawings van Petrus se Leonardo Club Tiberias huis en die bouvalle van ‘n Sinagoge uit die Tweede eeu by Kapernaum. Besoek die Mensa Christi kerkie waar Jesus homself aan die dissipels vertoon en hulle saam geëet het. Sluit die dag af by Yardenit, die
tradisionele doopplek in die Jordaanrivier. Aandete en oornag in TIBERIAS (O)(A)
Dag 4: Dinsdag, 06 Maart NASARET – JERIGO – QUMRAN – DOOIE SEE
Ontbyt word in ons hotel bedien. Ons eerste stop is Nasaret, die dorpie waar Jesus grootgeword het. Kies dan koers na die suide en reis in die rigting van die Dooie See. Op die roete doen ons aan by Jerigo en sien die Vyeboom van Saggeus, Elisa se fontein en die bouvalle van die ou stede. Besoek die berg van versoeking per kabelspoor. Reis verder na Qumran waar die Dooie See boekrolle in 1947 ontdek is. Ons bestemmimg is die Dooie See, die laagste plek op aarde. U het geleentheid om letterlik “op” die water te dryf. Aandete en oornag by die DOOIE SEE (O)(A)
Dag 5: Woensdag, 07 Maart MASSADA – TIMNA PARK – EILAT
Vertrek vanoggend na die bergvesting Massada waar u per kabelspoor na die kruin geneem word. Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodus en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See. Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse besetters oor te gee, afgespeel. Reis verder na Timna Park waar ons die Tabernakel in die Wildernis besoek wat gebou is op die aanwysings soos wat dit in die Ou-Testament vervat is. Ons bestemming is die vakansiestad Eilat wat op die oewer van die Rooi See geleë is. Geniet ‘n kort bootvaart op die Rooi See as inleiding tot ons besoek aan Eilat. Aandete en oornag in EILAT (O)(A)
Dag 6: Donderdag, 08 Maart EILAT – BETHLEHEM – JERUSALEM
Bring vroegoggend besoek aan die Onderwater Observatorium. Vertrek dan via Beer Sheva na Betlehem en besoek die “Geboortekerk” asook die Herdersvelde. Reis verder na Jerusalem en vertoef op die berg Scopus vanwaar ons ‘n indrukwekkende uitsig oor Jerusalem het. Besoek die Yad Vashem gedenkmuseum wat opgerig is ter nagedagtenis aan die meer as ses-miljoen Jode wat hul lewens tydens die tweede Wêreldoorlog verloor het. Aandete en oornag naby JERUSALEM (O)(A)
Dag 7: Vrydag, 09 Maart JERUSALEM
Ons toer van Jerusalem begin by die Olyfberg vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het. Besoek die Tuin van Getsemane waar Jesus baie kere gebid het. Die “Kerk van alle Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Besoek die Bovertrek waar Jesus en Sy dissipels saam geëet het en waar die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort is. Sluit die dag af by die Stad van Dawid met Hiskia se 520 meter-lange tonnel wat in die bad van Siloam uitmond. Aandete en oornag naby JERUSALEM (O)(A)
Dag 8: Saterdag, 10 Maart JERUSALEM
Begin die dag by die huis van Kajafas bekend as Peter in Gallicantu. Dit is hier waar Petrus die Here drie maal verloën het. Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. Bring besoek aan die klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode. Onderneem ‘n toer van die ondergrondse tonnels van die Westelike
muur. In die Ou-stad neem ons ‘n toer te voet van die via Dolorosa met die Bad van Bethesda en St Anne se kerk as van die hoogtepunte. Sluit ons besoek aan Jerusalem af by die Tuingraf waar een van die gidse van die Christen-ambassade verduidelik waarom hierdie die waarsynlike graf van Jesus is. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 9: Sondag, 11 Maart JOPPE – BEN GURION – JOHANNESBURG
Oggend vry in Jerusalem. Vertrek dan na die klok-grotte by Beit Guvrin. Stop by die spruit waar Dawid en Goliat hulle konfrontasie gehad het. Reis na Tel Aviv en bring besoek aan Joppe waar die huis van Simon die Leerlooier vandag nog te sien is. Geniet ‘n afskeidsete waarna ons na die Ben Gurion lughawe
oorgeplaas word vir vlug LY51 wat om 22:50 na Suid Afrika vertrek. Oornag aan BOORD (O)(A)
Dag 10: Maandag, 12 Maart JOHANNESBURG
Stryk net na ontbyt om 08:00 op die Johannesburg se O.R.Tambo Internasionale Lughawe neer; ryk aan herinneringe en verryk in die gees. Eendag maak ons weer so! (O*)
Toerprys: R23 795 per persoon gebaseer op R7,50 = US$1,00
(Lugreisgeld: R8 090 / Landreëlings R15 705 / US$2 094)
Toerprys gebaseer op ‘n minimum van 16 passasiers wat saamreis
Weens die beperkte aantal sitplekke beskikbaar word ‘n deposito van R3 000 benodig op u
bespreking te bevestig. Voltooi asb die registrasievorm en faks dit na ons kantoor by (011)918-7632
|
Ingesluit:
|
Nie ingesluit:
|
|
• Ekonomiese retoervlugte vanaf Johannesburg insluitend
lughawebelasting en brandstofheffing • Lughawe/hotel retoer oorplasings • Twee etes per dag soos per program • 4-Ster hotelakkomodasie • Engelssprekende toergidse • Luukse toerbusse • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program • Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere, hotelpersoneel
|
• Enkelkamerverblyf(opsioneel) US$85
per nag
• Opsionele reisversekering R360 vir passasiers onder 69-jarige
ouderdom
• Binnelandse aansluitingsvlugte |
Vir nadere besonderhede, kontak Louis Uys
Tel: 044 279-1659 / 082 835-8555 /
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
