DrIsakBurger

 

 



ISRAEL
saam met
Dr Isak Burger
Vertrekdatum:
Donderdag, 22 Maart 2012

israelorignal
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt   (A)-Aandete   (*)-Ete aan boor die vliegtuig


Dag 1: Donderdag, 22 Maart JOHANNESBURG – TEL AVIV
Ontmoet mekaar om 16:30 by die El Al toonbank in die Internasionale Vertreksaal van die Johannesburg Internasionale Lughawe. Vertrek om 20:05 na Tel Aviv. Oornag aan BOORD (A*)

 

Dag 2: Vrydag, 23 Maart TEL AVIV – EILAT
Stryk om 05:20 in op die Ben Gurion Lughawe neer waar ons toerbus gereed staan om na die suide van Israel te vertrek. Die roete neem ons deur die woestyn oor Beer Sheva na die Timna Nasionale Park waar Salomo se kopermyne te sien is. Bring besoek aan die “Tabernakel in die Wildernis” wat gebou is op die aanwysings soos dit in die Ou Testament uiteengesit word. Ons bestemming is die vakansiestad Eilat wat op die oewer van die Rooi See geleë is. U het die middag tot u beskikking om Eilat met al sy toeriste-aantreklikhede te verken. Aandete word by die hotel bedien. Oornag in EILAT (O*)(A)

 

Dag 3: Saterdag, 24 Maart EILAT – DOOIE SEE
Ontbyt word in ons hotel geniet. Bring vanoggend besoek aan die indrukwekkende Rooi See akwarium. Vertrek dan na die bergvesting Massada waar ons per  kabelspoor na die kruin geneem word. Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodus en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See. Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse  besetters oor te gee, afgespeel. Vertrek dan na die Dooie See, die laagste plek op aarde. In die Bybel was dit bekend as die “sout see”. Ons hotel het ‘n pragtige uitsig oor die Dooie see en die kus van Jordanië. Geleentheid om letterlik “op” die water te dryf. Aandete en oornag by die DOOIE SEE (O)(A)

 

Dag 4: Sondag, 25 Maart DOOIE SEE – JERIGO – BANIAS – TIBERIAS
Ons eerste stop is Qumran waar die Dooie See boekrolle deur ‘n jong skaapwagter in 1947 ontdek is. Reis na Jerigo, die oudste bekende stad ter wêreld. Hierdie stad is deur Josua vernietig toe die Israeliete in opdrag van God, 7 maal om die stad geloop het en sy mure ineengestort het. Neem die kabelspoor na die “Berg van Versoeking” waar Jesus versoek was en geniet ‘n indrukwekkende uitsig oor Jerigo en die berge van Nebo. Ons reis verder na die See van Galilea. In Nasaret besoek ons die Kerk van aankondiging, Maria se put en Josef se grot. Dit is hier waar Jesus grootgeword het en waar Hy sowat 30 jaar gewoon het. Reis verder oor Kana  waar Jesus se eerste wonderwerk plaasgevind het toe Hy die water in wyn verander het. Aandete en oornag by ons hotel in TIBERIAS (O)(A)

 

Dag 5: Maandag, 26 Maart GALILEA OMGEWING – TIBERIAS
Ontbyt word in u hotel bedien. Onderneem ‘n bootvaart op die See van Galilea met geleentheid vir ‘n kort oordenking. Bring besoek aan die Boot-museum waar u die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. Reis verder na die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge en Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan die dissipels verskyn het en hulle saam geëet het. Sien die  uitgrawings van Petrus se huis en die bouvalle van ‘n Sinagoge uit die Tweede eeu by Kapernaum. Reis oor die Golan Hoogland terug na Tiberias. Sluit die dag af by die tradisionele doopplek by Yardenit in die Jordaanrivier. Keer terug na ons hotel waar aandete bedien word. Oornag in TIBERIAS (O)(A)


Dag 6: Dinsdag, 27 Maart NASARET – KARMEL – MEGIDDO – CAESAREA – JERUSALEM
Ontbyt word in die hotel bedien. Reis verder na die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het. Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein. Besoek Megiddo en geniet ‘n pragtige uitsig oor die vlakte van Armageddon waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal  plaasvind. Die opgrawings toon 120 nedersettings opmekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000v.C dateer. Josua het die stad ingeneem en gedurende die  regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was. In Caesarea besigtig ons die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en die gerestoureerde Romeinse amfiteater. Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodus die Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius. Bring besoek aan Joppe, ‘n voorstad van moderne Tel Aviv. Dit is hiervandaan waar Jona na Tarsis probeer vlug het. Die huis van Simon die  leerlooier is vandag nog hier te sien. Ons bestemming is Jerusalem, die stad van vrede soos daarna reeds vroeg in die Bybel verwys word. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 7: Woensdag, 28 Maart BETLEHEM – JERUSALEM
Vertrek na Betlehem, die geboorteplek van Christus. Sien die herdersvelde voordat besoek gebring word aan die geboortekerk wat beskou word as die oudste ter wêreld – gebou oor die grot wat aangedui word as die plek waar Jesus gebore is. U het geleentheid om aandenkings te koop by ‘n groot Curio-winkel waar olyfhout-produkte baie gewild is. Keer terug na Jerusalem. Ons toer van Jerusalem begin by die Olyfberg of Olivet vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het. Hier van die Olyfberg af het Jesus sy dissipels gestuur om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem sou binnery. Besoek die Tuin van  Getsemane waar Jesus gebid het (Luk 22:39-44). Judas het Jesus hier verraai en Hy is na Kajafas geneem om aangekla en verhoor te word. Die “Kerk van alle  Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 8: Donderdag, 29 Maart JERUSALEM
Besoek vanoggend die huis van Kajafas die hoëpriester, bekend as Petrus in Galicantu. Dit was hier waar Petrus die Here drie maal verloën het (Matt 26:57, 27:2). Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. Gaan die Ou-stad van Jerusalem binne en besoek die klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode. Die via Dolorosa is volgende op die program. Sien die tempelterrein op die berg Moria waar die moslemtempel “the Dome of the Rock” gebou is bo-oor die rots waar Abraham vir Isak moes offer. Stap na die die Bad van Bethesda en die kerk van St Anne. Sien die vesting van Antonio, waar Jesus verhoor is en die plaveisel waar Hy sy kruis opgeneem het. Ons volg die 14 stasies van die Via Dolorosa wat begin by Pilatus se verhoorsaal. Stap na die Joodse kwartier vir ‘n besoek aan die Cardo, die graf  van Dawid en die “Bo-vertrek” waar die Laaste Avondmaal genuttig is. Sluit vandag ons besoek aan Jerusalem af by die Tuingraf waar u op ‘n toer van die terrein  geneem word. Een van die personeel van die Christen ambassade sal aan u verduidelik waarom hierdie plek die waarskynlike graf van Jesus is. Geniet ‘n pragtige  uitsig oor Golgota wat ook bekend staan as Gordon’s Calvary. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Keer terug na ons hotel vir aandete en om gereed te maak vir  die terugvlug. Oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 9: Vrydag, 30 Maart JOHANNESBURG
Vroegoggend oorplasing na die lughawe vir die terugvlug wat om 05:05 die oggend na Suid-Afrika vertrek. Stryk om 14:15 op die Johannesburgse O.R.Tambo  Internasionale Lughawe neer. Hierdie onvergeetlike ervaring sal u bybly in die jare wat kom. Eendag maak ons weer so! (O*)

 

TOERPRYS per persoon: R21 984 (gebaseer op 48 passasiers wat saamreis)
Lugreisgeld: R8 400 / Landreëlings: R13 584 / US$1 698 (US$1,00 = R8,00)

 

 

Ingesluit:
         
Nie ingesluit:
                                         
• Ekonomiese klas retoervlugte vanaf Johannesburg insluitend
   lughawebelasting & brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings
• Etes soos per program: (O)- Ontbyt (A)-Aandete
• Akkommodasie in 4-ster toeristeklas hotelle
• Engelssprekende toergidse
• Luukse Busvervoer
• Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
• Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, hotelpersoneel en
  portiere
• Enkelkamer (Opsioneel US$85
   per nag)
• Uitgebreide reisversekering

 

Vir nadere besonderhede, kontak
Braam of Michelle
011 918 7567 / 011 918 7612 / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Reisprogram blue  AanlynRegistrasie blue  Registrasievorm blue