Peet Huygen


 

ISRAEL & Kaïro
saam met
Past Peet Huygen

 

Vertrek: Sondag, 06 Mei 2012

 

 

israelorignal
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt   (A)-Aandete   (*)-Ete aan boor die vliegtuig

 

Dag 1: Sondag, 06 Mei JOHANNESBURG – KAÏRO

Ontmoet mekaar om 18:45 by die Egyptair toonbank in die Internasionale vertreksaal van die Johannesburgse O.R.Tambo Internasionale Lughawe. Vertrek om  21:45 met Egyptair vlug MS840 na Kaïro. Oornag aan BOORD (A*)

 

Dag 2: Maandag, 07 Mei

TEL AVIV – CAESAREA – MEGIDDO – KARMEL – NASARET

Stryk vroegoggend om 05:40 in Kairo neer en sluit aan by die vlug na Tel Aviv wat om 09:00 vertrek. Met die aankoms om 10:10 op die Ben Gurion Lughawe word u ontmoet om per luukse toerbus na Caesarea te vertrek. Besigtig die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en die gerestoureerde Romeinse amfiteater.  Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodus die  Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius. Besoek Megiddo en geniet ‘n pragtige uitsig oor die vlakte van Armageddon waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal plaasvind.  Dieopgrawings toon 120 nedersettings opmekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000v.C dateer. Josua het die stad ingeneem en gedurende die regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was. Reis verder na die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het. Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein. In Nasaret besoek ons die Kerk van aankondiging, Maria se put en Josef se grot. Dit is hier waar Jesus grootgeword het en waar Hy sowat 30 jaar gewoon het. Aandete en oornag in die omgewing van GALILEA (O)(A)

 

Dag 3: Dinsdag, 08 Mei

GALILEA OMGEWING
Ontbyt word in u hotel bedien. Reis oor Kana waar Jesus se eerste wonderwerk plaasgevind het toe Hy die water in wyn verander het.  Onderneem vanoggend ‘n bootvaart op die See van Galilea met geleentheid vir ‘n kort oordenking. Bring dan besoek aan die Boot-museum waar u die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. Reis verder na die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge en Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan die dissipels verskyn het en hulle saam geëet het. Sien die uitgrawings van Petrus se huis en die bouvalle van ‘n Sinagoge uit die Tweede eeu by  Kapernaum. Sluit die dag af by die tradisionele doopplek by Yardenit in die Jordaanrivier. Keer terug na ons hotel waar aandete bedien word. Oornag in die omgewing van GALILEA (O)(A)

 

Dag 4: Woensdag, 09 Mei

JERIGO – QUMRAN – DOOIE SEE
Vertrek vanoggend na Jerigo, die oudste bekende stad ter wêreld. Hierdie stad is deur Josua vernietig toe die Israeliete in opdrag van God, 7 maal om die stad geloop het en sy mure ineengestort het. Neem die kabelspoor na die “Berg van Versoeking” waar Jesus versoek was en geniet ‘n indrukwekkende uitsig oor Jerigo en die berge van Nebo in Jordanië. Ons doen by Qumran aan waar die Dooie See boekrolle deur ‘n jong skaapwagter in 1947 ontdek is. Reis verder na die Dooie See, die laagste plek op aarde. In die Bybel was dit bekend as die “sout see”. Ons het geleentheid om letterlik “op” die water van die Dooie See te dryf. Aandete en oornag by die DOOIE SEE (O)(A)

 

Dag 5: Donderdag, 10 Mei

MASSADA – BETLEHEM – JERUSALEM

Vertrek vanoggend na die bergvesting Massada, waar u per kabelspoor na die kruin geneem word. Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodus en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See. Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse besetters oor te gee, afgespeel. Reis verder na Betlehem, die geboorteplek van Christus. Sien die herdersvelde voordat besoek gebring word aan die geboortekerk wat beskou word as die oudste ter wêreld – gebou oor die grot wat aangedui word as die plek waar Jesus gebore is. U het geleentheid om aandenkings te koop by ‘n groot Curio-winkel waar olyfhout-produkte baie gewild is. Ons bestemming is Jerusalem, die stad van vrede soos daarna reeds vroeg in die Bybel verwys word. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 6: Vrydag, 11 Mei

JERUSALEM
Ons toer van Jerusalem begin by die Olyfberg of Olivet vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het. Hier van die Olyfberg af het Jesus sy dissipels gestuur om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem sou binnery. Besoek die Tuin van Getsemane waar Jesus gebid het. Judas het Jesus hier verraai en Hy is na Kajafas geneem om aangekla en verhoor te word. Die “Kerk van alle Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Daar is geleentheid vir ‘n besoek aan die Yad Vashem gedenkmuseum wat opgerig is ter nagedagtenis aan die meer as ses-miljoen Jode wat tydens die Tweede wêreldoorlog gesterf het. Besoek die huis van Kajafas die hoëpriester, bekend as Petrus in Galicantu. Dit was hier waar Petrus die Here drie maal verloën het. Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. Gaan die Ou-stad van Jerusalem binne en besoek die klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 7: Saterdag, 12 Mei

JERUSALEM
Die via Dolorosa is vanoggend op die program. Sien die tempelterrein op die berg Moria waar die moslemtempel “the Dome of the Rock” gebou is bo-oor die rots waar Abraham vir Isak moes offer. Stap na die die Bad van Bethesda en die kerk van St Anne. Sien die vesting van Antonio, waar Jesus verhoor is en die plaveisel waar Hy sy kruis opgeneem het. Ons volg die 14 stasies van die Via Dolorosa wat begin by Pilatus se verhoorsaal. Stap na die Joodse kwartier vir ‘n  besoek aan die Cardo, die graf van Dawid en die “Bo-vertrek” waar die Laaste Avondmaal genuttig is. Sluit vandag ons besoek aan Jerusalem af by die Tuingraf waar u op ‘n toer van die terrein geneem word. Een van die personeel van die Christen ambassade sal aan u verduidelik waarom hierdie plek die waarskynlike graf van Jesus is. Geniet ‘n pragtige uitsig oor Golgota wat ook bekend staan as Gordon’s Calvary. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 8: Sondag, 13 Mei

JERUSALEM – KAÏRO
Oorplasing na die lughawe vir die vlug wat om 11:00 na Kaïro vertrek. Met die aankoms om 12:10 word u ontmoet vir ‘n besoek aan die “Kerk op die Ashoop”. Besoek vervolgens die drie belangrikste piramides nl. Cheops, Kephron en Mykorinos. Sien die Sfinks en die Tempelvallei. Besoek die gewilde parfuum- en papirus instituut voordat ons aandete by ons hotel geniet. U kamer is tot u beskikking tot en met die oorplasing na die lughawe vir die vlug wat om 23:30 na  Johannesburg vertrek. Oornag aan BOORD (O)(A*)

 

Dag 9: Maandag, 14 Mei

JOHANNESBURG
Stryk net na ontbyt om 07:25 op die Johannesburgse O.R.Tambo Internasionale Lughawe neer; ryk aan herinneringe en verryk in die gees. Eendag maak ons  weer so! (O*)

 

Toerprys: R16 980 gebaseer op R8,00 = US$1,00 (minimum groepgrootte van 48 passasiers)
Lugreisgeld: R6 524 Landreëlings R10 456 / US$1 307

 

Ingesluit:
         
Nie ingesluit:
                                         
• Ekonomiese retoervlugte insluitend lughawebelasting en
   brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings
• Twee etes per dag soos per program
• 3-Ster toeristeklas hotelakkommodasie
• Engelssprekende toergidse
• Luukse toerbusse
• Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
• Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere,
  hotelpersoneel
• Enkelkamerverblyf(opsioneel)
  US$75 per nag
• Opsionele reisversekering

 Vir nadere besonderhede, kontak
Peet Huygen
Tel: 082 684 1946
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Reisprogram blue  AanlynRegistrasie blue  Registrasievorm blue