Past Conrad Barnard

Past Conrad Barnard


 

 

ISRAEL & Kaïro
saam met
Past Conrad Barnard

 

Vertrek: Saterdag, 31 Maart 2012

 

 

israelorignal
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt   (A)-Aandete   (*)-Ete aan boor die vliegtuig


Dag 1: Saterdag, 31 Maart JOHANNESBURG – KAÏRO
Ontmoet mekaar om 18:45 by die Egyptair toonbank in die Internasionale vertreksaal van die Johannesburgse O.R.Tambo Internasionale Lughawe. Vertrek om 21:45  met Egyptair vlug MS840 na Kaïro. Oornag aan BOORD (A*)

 

Dag 2: Sondag, 01 April  KAÏRO
Stryk vroegoggend om 05:40 in Kaïro neer waar ons ontmoet word vir ‘n besoek aan die “Kerk op die Ashoop”. Besoek vervolgens die drie belangrikste piramides nl. Cheops, Kephron en Mykorinos. Sien die Sfinks en die Tempelvallei. Oorplasing na ons hotel. Vanmiddag besoek ons die Egiptiese museum en die gewilde Khan  El-Khalili bazaar. Aandete word by ons hotel bedien. Aandete en oornag in KARO (O*)(A)

 

Dag 3: Maandag, 02 April  KAÏRO – TEL AVIV – TIMNA PARK – EILAT
Oorplasing na die lughawe vir die vlug na Tel Aviv wat om 09:00 vertrek. Met die aankoms om 10:10 op die Ben Gurion Lughawe word u ontmoet om per luukse  toerbus na Eilat te vertrek. Op die roete doen ons aan by Timna Nasionale Park waar ons besoek bring aan die “Tabernakel in die Wildernis”, gebou op die aanwysings soos in die Ou-Testament vervat. Ons bestemming is Eilat wat op die oewer van die Rooi See geleë is. Aandete en oornag in EILAT (O)(A)

 

Dag 4: Dinsdag, 03 April EILAT – MASSADA – DOOIE SEE
Bring vanoggend besoek aan die gewilde Eilat onderwater Observatorium waar ons die indrukwekkende Rooi Seelewe ervaar. Vertrek dan na Massada en besoek die kruin per kabelspoor. Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodus en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See. Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse besetters oor te gee, afgespeel. Reis verder na die Dooie See, die laagste plek op aarde. In die Bybel was dit bekend as die “sout see”. Ons het geleentheid om letterlik “op” die  water van die Dooie See te dryf. Aandete en oornag by die DOOIE SEE (O)(A)

 

Dag 5: Woensdag, 04 April QUMRAN – JERIGO – BETLEHEM – NASARET
Ons doen vanoggend by Qumran aan waar die Dooie See boekrolle deur ‘n jong skaapwagter in 1947ontdek is. Reis verder na Jerigo, die oudste bekende stad ter wêreld. Hierdie stad is deur Josua vernietig toe die Israeliete in opdrag van God, 7 maal om die stad geloop het en sy mure ineengestort het. Neem die kabelspoor na die “Berg van Versoeking” waar Jesus versoek was en geniet ‘n indrukwekkende uitsig oor Jerigo en die berge van Nebo in Jordanië. Reis verder na Betlehem, die  geboorteplek van Christus. Sien die herdersvelde voordat besoek gebring word aan die geboortekerk wat beskou word as die oudste ter wêreld – gebou oor die grot wat aangedui word as die plek waar Jesus gebore is. U het geleentheid om aandenkings te koop by ‘n groot Curio-winkel waar olyfhout-produkte baie gewild is. Ons bestemming is Galilea vir aandete en oornag in NASARET (O)(A)

 

Dag 6: Donderdag, 05 April GALILEA OMGEWING
Ontbyt word in u hotel bedien. Besoek vanoggend die Kerk van aankondiging, Maria se put en Josef se grot besoek. Dit is hier waar Jesus grootgeword het en waar Hy sowat 30 jaar gewoon het. Reis oor Kana waar Jesus se eerste wonderwerk plaasgevind het toe Hy die water in wyn verander het. Onderneem ‘n bootvaart op die See van Galilea met geleentheid vir ‘n kort oordenking. Bring dan besoek aan die Boot-museum waar u die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. Reis verder na die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge en Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan die dissipels verskyn het en hulle saam geëet het. Sien die uitgrawings van Petrus se huis en die bouvalle van ‘n  Sinagoge uit die Tweede eeu by Kapernaum. Sluit die dag af by die tradisionele doopplek by Yardenit in die Jordaanrivier. Keer terug na ons hotel waar aandete bedien word. Oornag in NASARET (O)(A)

 

Dag 7: Vrydag, 06 April KARMEL – MEGIDDO – CAESAREA – JERUSALEM
Vertrek vanoggend na die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het. Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein. Besoek Megiddo en geniet ‘n pragtige uitsig oor die vlakte van Armageddon waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal plaasvind. Die opgrawings toon 120 nedersettings opmekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000v.C dateer. Josua het die stad ingeneem en gedurende die regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was. In Caesarea besigtig ons die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en die gerestoureerde Romeinse amfiteater. Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodus die Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius. Ons bestemming is Jerusalem, die “Stad van Vrede” soos reeds vroeg in die Bybel na verwys word. Ons toer van Jerusalem begin by die Olyfberg of Olivet vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het. Hier van die Olyfberg af het Jesus sy dissipels gestuur om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem sou binnery. Besoek die Tuin van Getsemane waar Jesus gebid het. Judas het Jesus hier verraai en Hy is na Kajafas geneem om aangekla en verhoor te word. Die “Kerk van alle  Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 8: Saterdag, 07 April JERUSALEM
Besoek vanoggend die huis van Kajafas die hoëpriester, bekend as Petrus in Galicantu. Dit was hier waar Petrus die Here drie maal verloën het. Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. Gaan die Oustad van Jerusalem binne en besoek die klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode. Die via Dolorosa is volgende op  die program. Stap na die die Bad van Bethesda en die kerk van St Anne. Sien die vesting van Antonio, waar Jesus verhoor is en die plaveisel waar Hy sy kruis  opgeneem het. Ons volg die 14 stasies van die Via Dolorosa wat begin by Pilatus se verhoorsaal. Stap na die Joodse kwartier vir ‘n besoek aan die Cardo, die graf van Dawid en die “Bo-vertrek” waar die Laaste Avondmaal genuttig is. Sluit vandag ons besoek aan Jerusalem af by die Tuingraf waar u op ‘n toer van die terrein geneem word. Een van die personeel van die Christen ambassade sal aan u verduidelik waarom hierdie plek die waarskynlike graf van Jesus is. Geniet ‘n pragtige  uitsig oor Golgota wat ook bekend staan as Gordon’s Calvary. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

 

Dag 9: Sondag, 08 April BEN GURION – KARO – JOHANNESBURG
Oorplasing na die lughawe vir die vlug wat om 11:00 na Kaïro vertrek. Met die aankoms om 12:10 word u ontmoet en na die hotel oorgeplaas. Middag vry in Kaïro. Aandete word in die hotel bedien. U kamer is tot u beskikking tot en met die oorplasing na die lughawe vir die vlug wat om 23:30 na Johannesburg vertrek. Oornag aan BOORD (O)(A)

 

Dag 10: Maandag, 09 April JOHANNESBURG
Stryk net na ontbyt om 07:25 op die Johannesburgse O.R.Tambo Internasionale Lughawe neer; ryk aan herinneringe en verryk in die gees. Eendag maak ons weer so! (O*)

 

Toerprys: R18 484 gebaseer op R8,00 = US$1,00 (minimum groepgrootte van 32 passasiers)
Lugreisgeld: R6 524 Landreëlings R11 960 / US$1 495

 

Ingesluit:
Nie ingesluit:
• Ekonomiese retoervlugte insluitend lughawebelasting en brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings
• Twee etes per dag soos per program
• 3-Ster toeristeklas hotelakkommodasie
• Engelssprekende toergidse
• Luukse toerbusse
• Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
• Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere, hotelpersoneel
• Enkelkamerverblyf (opsioneel)
  US$75 per nag
• Opsionele reisversekering

Vir nadere besonderhede, kontak
Conrad Barnard
Tel: 011 433 2565
079 775 3407
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 Reisprogram blue  AanlynRegistrasie blue  Registrasievorm blue