|
|
ISRAEL & Kaïro saam met Marianne Bezuidenhout Vertrek: Saterdag, 19 April 2012 |
![]() |
|
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt (A)-Aandete (*)-Ete aan boor die vliegtuig
|
||
Dag 1: Donderdag, 19 April JOHANNESBURG – KAiRO
Ontmoet mekaar om 18:00 by die Egyptair toonbank in die Internasionale vertreksaal van die Johannesburg Internasionale Lughawe. Vertrek om 21:45 met Egyptair vlug MS0840 na Kaïro. Oornag aan BOORD (A*)
Dag 2: Vrydag, 20 April KARO – TEL AVIV – CAESAREA – MEGIDDO – KARMEL – TIBERIAS
Arriveer om 05:40 op Kairo lughawe en sluit aan by die Air Sinai vlug wat om 09:00 na Tel Aviv vertrek. Stryk om 10:10 op die Ben Gurion Lughawe neer waar u ontmoet word. Vertrek na Caesarea en besigtig die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en die gerestoureerde Romeinse amfiteater. Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodus die Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius. Besoek Megiddo en geniet ‘n pragtige uitsig oor die vlakte van Armageddon waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal plaasvind. Die opgrawings toon 120 nedersettings opmekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000v.C dateer. Josua het die stad ingeneem en gedurende die regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was. Reis verder na die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het. Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein. Ons reis verder na die See van Galilea. Aandete en oornag by ons hotel in TIBERIAS (O)(A)
Dag 3: Saterdag, 21 April GALILEA OMGEWING – TIBERIAS
Ontbyt word in u hotel bedien. Bring besoek aan die Boot-museum waar u die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. Onderneem ‘n bootvaart oor die See van Galilea na Kapernaum. Geleentheid vir ‘n kort oordenking tydens die bootvaart. Sien die uitgrawings van Petrus se huis en die bouvalle van ‘n Sinagoge uit die Tweede eeu by Kapernaum. Bring besoek aan die tradisionele doopplek van Yardenit in die Jordaanrivier. Sluit die dag af met ‘n rit deur die Golan Hoogland. Keer terug na ons hotel waar aandete bedien word. Oornag in TIBERIAS (O)(A)
Dag 4: Sondag, 22 April NASARET – GALILEA OMGEWING – TIBERIAS
Ontbyt word in die hotel bedien. Vertrek vanoggend oor Kana waar Jesus se eerste wonderwerk plaasgevind het toe Hy die water in wyn verander het. In Nasaret besoek ons die Kerk van aankondiging, Maria se put en Josef se grot. Dit is hier waar Jesus grootgeword het en waar Hy sowat 30 jaar gewoon het. Bring besoek aan die “Nazareth Village” waar ons teruggeneem word in tyd. Keer terug na die See van Galilea en besoek die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge en Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan die dissipels verskyn het en hulle saam geëet het. Keer terug na ons hotel waar aandete bedien word. Oornag in TIBERIAS (O)(A)
Dag 5: Maandag, 23 April TIBERIAS – JERIGO – DOOIE SEE
By Beth Shean sien ons vanoggend die uitgrawings van die stad waar die liggame van Saul en sy seuns teen die stadspoort vasgespyker was. Reis verder na Jerigo, die oudste bekende stad ter wêreld. Hierdie stad is deur Josua vernietig toe die Israeliete in opdrag van God, 7 maal om die stad geloop het en sy mure ineengestort het. Neem die kabelspoor na die “Berg van Versoeking” waar Jesus versoek was en geniet ‘n indrukwekkende uitsig oor Jerigo en die berge van Nebo. Ons volgende stop is Qumran waar die Dooie See boekrolle deur ‘n jong skaapwagter in 1947 ontdek is. Vertrek dan na die Dooie See, die laagste plek op aarde. In die Bybel was dit bekend as die “sout see”. U het geleentheid om letterlik “op” die water te dryf. Aandete en oornag by die DOOIE SEE (O)(A)
Dag 6: Dinsdag, 24 April MASADA – BETHLEHEM – JERUSALEM
Vertrek vanoggend na die bergvesting Massada, waar u per kabelspoor na die kruin geneem word. Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodus en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See. Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse besetters oor te gee, afgespeel. Vertrek na Betlehem, die geboorteplek van Christus. Sien die herdersvelde voordat besoek gebring word aan die geboortekerk wat beskou word as die oudste ter wêreld – gebou oor die grot wat aangedui word as die plek waar Jesus gebore is. Bring besoek aan die Herdersvelde voordat u geleentheid het om aandenkings te koop by ‘n groot Curio-winkel waar olyfhout-produkte baie gewild is. Reis verder na ons bestemming Jerusalem, die stad van vrede soos daarna reeds vroeg in die Bybel verwys word. Vertoef op die Haas promenade en geniet die uitsig oor Jerusalem. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 7: Woensdag, 25 April JERUSALEM
Ons toer van Jerusalem begin by die Olyfberg of Olivet vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het. Hier van die Olyfberg af het Jesus sy dissipels gestuur om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem sou binnery. Besoek die Tuin van Getsemane waar Jesus gebid het. Judas het Jesus hier verraai en Hy is na Kajafas geneem om aangekla en verhoor te word. Die “Kerk van alle Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Besoek die traandruppelkerk (Dominus Flevit). Besoek dan die huis van Kajafas die hoëpriester, bekend as Petrus in Galicantu. Dit was hier waar Petrus die Here drie maal verloën het. Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. Sien die Menorah in die Ou stad. Die Klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode, is volgende op die program. Onderneem ‘n toer van die ondergrondse tonnels van die Ou-stadsmure. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 8: Donderdag, 26 April JERUSALEM
Stap vanoggend na die die Bad van Bethesda en die kerk van St Anne. Die via Dolorosa is volgende op die program. Sien die vesting van Antonio, waar Jesus verhoor is en die plaveisel waar Hy sy kruis opgeneem het. Ons volg die 14 stasies van die Via Dolorosa wat begin by Pilatus se verhoorsaal. Sluit vandag ons besoek aan Jerusalem af by die Tuingraf waar u op ‘n toer van die terrein geneem word. Een van die personeel van die Christen ambassade sal aan u verduidelik waarom hierdie plek die waarskynlike graf van Jesus is. Geniet ‘n pragtige uitsig oor Golgota wat ook bekend staan as Gordon’s Calvary. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Sien die tempelterrein op die berg Moria waar die moslemtempel “the Dome of the Rock” gebou is bo-oor die rots waar Abraham vir Isak moes offer. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 9: Vrydag, 27 April JERUSALEM
Ontbyt word by ons hotel geniet. Keer terug na die Ou-stad en stap na die Joodse kwartier vir ‘n besoek aan die Cardo, die graf van Dawid en die “Bo-vertrek” waar die Laaste Avondmaal genuttig is. Bring besoek aan die Yad Vashem gedenkmuseum wat opgerig is ter nagedagtenis aan die 6-miljoen Jode wat hul lewens tydens die Tweede wêreldoorlog verloor het. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 10: Saterdag, 28 April JERUSALEM
Ons het dag tot ons beskikking om die Ou-Stad van Jerusalem op eie stoom saam met die toerleier te verken. Stap op die Ou-stadsmure en skaf daardie laaste aandenkings aan. Aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)
Dag 11: Sondag, 29 April TEL AVIV – KAiRO
Oorplasing na die lughawe vir die vlug wat om 11:00 na Kairo vertrek. Stryk om 12:10 in Kairo neer. Besoek die Piramides en die Sfinks. Seil per felukka op die Nyl. Sluit die aand af met ‘n afskeidsete in Kairo. Ons terugvlug vertrek om 23:30 na Johannesburg. Oornag aan BOORD (O)(A)
Dag 12: Maandag, 30 April JOHANNESBURG
Stryk net na ontbyt om 07:35 op die Johannesburgse O.R.Tambo Internasionale Lughawe neer. Hierdie onvergeetlike ervaring sal u bybly in die jare wat kom. Eendag maak ons weer so! (O *)
TOERPRYS per persoon: R19 910 gebaseer op ‘n minimum van 24 passasiers wat saamreis
Lugreisgeld: R5 382 / Landreëlings: R14 528 / US$1 816 (R8,00 = US$1,00)
Vroegtydige bespreking en uitreik van u vliegkaartjie is noodsaaklik om die lugreisgeld te verseker
|
Ingesluit:
|
Nie ingesluit:
|
|
• Ekonomiese klas retoervlugte met Egyptair vanaf Johannesburg insluitend
lughawebelasting en brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings • Etes soos per program: (O)- Ontbyt (M)-Middagete (A)-Aandete • 3-ster sakpas toeristeklas akkommodasie • Engelssprekende toergidse • Luukse Busvervoer • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program • Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, hotelpersoneel en portiere |
• Opsionele Enkelkamer (US$75 per nag)
• Opsionele reisversekering
|
Vir nadere besonderhede,
kontak
Marianne Bezuidenhout
Tel: 083 725 4633
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
