|
|
RUSLAND & SKANDINAWIË met ‘n besoek
|
![]() |
|
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt (A)-Aandete (*)-Ete aan boor die vliegtuig
|
||
Vrydag, 29 Junie JOHANNESBURG – FRANKFURT
Ontmoet mekaar om 16:00 by die Lufthansa toonbank in die Internasionale Vertreksaal van Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe. ‘n Stargate verteenwoordiger staan gereed om u te verwelkom en met voorvertrek-formaliteite by te staan. Vertrek om 18:55 na Frankfurt in Duitsland. Oornag aan BOORD (A*)
Saterdag, 30 Jun FRANKFURT – MOSKOU
Arriveer om 05:25 in Frankfurt en sluit aan by die vlug wat om 07:10 na Moskou vertrek. Arriveer om 12:20 in Moskou, die hoofstad van Rusland waar u ontmoet en na die hotel oorgeplaas word. Aandete en oornag in MOSKOU (O*)(A)
Sondag, 01 Jul MOSKOU
Moskou is een van die grootste stede ter wêreld en simboliseer die hart van Rusland. Ons toer begin by die Rooiplein wat gedomineer word deur St. Basil Katedraal en die massiewe rooi mure van die Kremlin. Besoek onder andere die 12 Apostels Katedraal en die wapenarsenaal. Aandete en oornag in MOSKOU (O)(A)
Maandag, 02 Jul MOSKOU
U het die oggend vry om Moskou op eie stoom te verken. U word om 15:00 by die hotel ontmoet vir ‘n besoek aan die populêre Arbat inkopie distrik. Sien die Moscow Universiteit en maak ‘n draai by GUM, die grootste afdelingswinkel in Rusland. Geniet aandete in ‘n lokale restaurant voordat u na die stasie geneem word vir die oornagtrein na St. Petersburg. Oornag aan boord die TREIN (O)(A)
Dinsdag, 03 Jul SAINT PETERSBURG
Arriveer vanoggend in St. Petersburg waar ons ontbyt geniet. Onderneem ‘n verskeidenheid besigtigingstoere in voormalige Leningrad en sien die Fort van Peter en Paul waar die grafkelders van die Russiese Tsaars gehuisves word. Aandete en oornag in ST PETERSBURG (O)(A)
Woensdag, 04 Julie ST PETERSBURG
Bring vandag besoek aan die nabygeleë Petrodvorets om die pragtige tuine van Peter die Grote se Somerpaleis met hulle manjefieke fonteine te besigtig. Peterhof soos dit vandag bekend staan is sowat 29km suid van St Petersburg op die oewer van die Finse See geleë. Petrovorets is as ‘n somertuiste vir die Tsaars in die 18de eeu gebou – ‘n ware Russiese “Versailles”. Besoek die Hermitage-museum voordat u na die hotel geneem word. Aandete en oornag by in ST PETERSBURG (O)(A) Opsie 2: Passsiers wat die Skandinawië & Noordkaap toer onderneem, vertrek vanaand om 19:25 met die oornagvlug na Helsinki.
Donderdag, 05 Julie ST. PETERSBURG – HELSINKI
Ontbyt word vroegoggend bedien. Oorplasing na die stasie vir die trein na Helsinki in Finland. Die roete neem ons deur die woude van Karelia na die grens van Finland. Ry verby Kotka, die hout-mekka van Finland na die hoostad Helsinki. Met u aankoms word u na die hotel geneem. Aandete en oornag in HELSINKI (O)(A)
Vrydag, 06 Julie HELSINKI – STOCKHOLM (260km)
Na ‘n Skandinawiese ontbyt bring u besoek aan die Senaatplein, ontwerp in 1820 nadat ‘n brand die stad verwoes het. Dit is omring deur die universiteitsgeboue, die Staatspaleis en die pragtige 19de-eeuse Katedraal. Besoek die monument wat in 1967 onthul is asook die Temppellauklo Kerk, geheel en al uit soliede marmer gekap! Reis deur die moderne Tapoile Garden City met sy elegante geboue, parke, pleine en houtbedekte rotstuine. Oorplasing na die hawe vir die Viking Line oornag-veerboot na Stockholm. Geniet ‘n Skandinawiese aandete en oornag aan BOORD (O)(A)
Saterdag, 07 Julie STOCKHOLM – KIRUNA(1 233km)
Arriveer om 09:40 in Stockholm. Ons stadstoer sluit die indrukwekkende Stadshuis op die waterfront in. Die Stadsaal is ‘n meesterstuk van die 20ste eeu en dit is hier waar die Nobelprys toekennings gedoen word. Daarna bring ons ‘n besoek aan die “Ou Stad” met sy smal klipstrate en Middeleeuse gewelgeboue. Dan na Sorkykan, die outydse kerk in Stockholm en verder na Fjailgatanstraat vir ‘n panoramiese uitsig oor die stad en hawe. Besoek die “Vasa”, ‘n 17de eeuse Galjoen wat vir meer as 300 jaar onder Stockholm se hawe begrawe gelê het en nou as ‘n drywende museum uitgestal word. Die Stockholm kompleks bestaan uit 14 eilande en ‘n deel van die vasteland wat met brue en tonnels verbind is. Na middagete word u na die stasie geneem vir die oornagtrein na Kiruna in Swede. Oornag aan BOORD (O)(M) Opsie 1: Passasiers wat na Suid-Afrika terugkeer vertrek vanaand om 18:50 met die oornagvlug om op 08Julie om 08:50 in Johannesburg neer te stryk.
Sondag, 08 Julie KIRUNA – STORSLETT (650km)
Nadat ons die Arktiese / Noordpoolsirkel oorgesteek het, arriveer ons om 10:30 in Kiruna en word u ontmoet vir ‘n vroeë middagete in ‘n nabygeleë restaurant. Vertrek dan per toerbus na Storslett. Die roete neem ons deur asemrowende natuurskoon oor die Sweedse grens na Noorweë. Aandete en oornag in STORSLETT (M)(A)
Maandag, 09 Julie ALTA – HAMMERFEST (141km) – HONINGSVAG (180km)
Reis via Alta en Hammerfest na Honningsvag op die eiland Mageroya (wat soveel as 5000 takbokke huisves). Na aandete geniet u ‘n uitstappie na die wêreldbekende Noordkaap Plato om die middernagson te sien. U het ‘n lieflike uitsig oor die Barentsee voordat u na die hotel terugkeer. Ingang na die Noordkaap-saal en sertifikaat ingesluit. Oornag in HONNINGSVAG (O)(A)
Dinsdag, 10 Julie HONNINGSVAG – ALTA (210km) – ALTA – OSLO (1 994km)
Na ‘n Skandinawiese ontbyt vertrek u deur die pragtige Porsanger skiereiland na Alta. Oorplasing na die lughawe vir die vlug na Oslo wat om 14:35 vertrek. (Neem kennis dat portierdienste nie op die lughawe beskikbaar is nie.) Met u aankoms om 16:30 word u ontmoet en na die hotel geneem vir aandete en oornag in OSLO (O)(A)
Woensdag, 11 Julie OSLO – COPENHAGEN (607km)
Geniet ‘n Skandinawiese ontbyt by die hotel. Ons Oslo stadstoer sluit die “Holmenkollen Ski Jump” en die Frogner park met sy kontroversiële beeldehouwerk deur Gustav Vigeland in. Sien die Koninklike Paleis, die Stadsaal en die middeleeuse Akershus Vesting. Besoek die Vikingskip-museum. Hier sien u antieke skepe wat naby die Oslo Fjord gevind is met oorblyfsels van die 19de-eeuse Noorweë. Besoek die museum met die bekende Kontiki vlot waarmee Thor Heyerdahl die Stille Oseaan oorgesteek het. Oorplasing na die hawe vir die oornag-veerboot na Copenhagen. (Neem kennis dat portierdienste nie op die hawe beskikbaar is nie.) Geniet‘n Skandinawiese aandete en oornag aan BOORD (O)(A)
Donderdag, 12 Julie COPENHAGEN
Ontbyt word aan boord bedien. Met u aankoms in Copenhagen vertrek ons op ‘n stadstoer. Sien die nuwe Carlosberg Glyptotek kunsmuseum, die Gefian Fontein en die “Little Mermaid” standbeeld in die hawe, opgerig ter nagedagtenis aan Hans Christian Anderson. Sy is een van Denemarke se gewildste toeriste aantreklikhede wat in 1913 opgerig is. Ons sien ook die Amalienborg Paleis (koninklike tuiste), die Christiansborg kasteel, die Rosenborg kasteel en die Nyhavn kanaal met sy baie stalletjies en buitelug-restaurante. Keer terug na u hotel. Oornag in COPENHAGEN (O)
Vrydag, 13 Julie COPENHAGEN – JOHANNESBURG
Dag vry in Copenhagen. Vanmiddag word u na die lughawe geneem vir die vlug wat om 18:50 na Frankfurt vertrek. Arriveer om 20:20 in Frankfurt waar u aansluit by die vlug wat om 22:35 na Johannesburg vertrek. Oornag aan BOORD (O)(A*)
Saterdag, 14 Julie JOHANNESBURG
Arriveer om 08:50 op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg (O*)
TOERPRYS-OPSIES:
OPSIE 1: 10-dag toer na Rusland, Finland & Swede (29 Junie – 08 Julie) R29 976
OPSIE 2: 11-dag toer na Skandinawië & Noordkaap (Lapland) met die middernagson (04 Julie – 14 Julie) R29 980
OPSIE 3: Bogenoemde opsies gekombineer vir ‘n 16-dag toer na Rusland & Skandinawië (29 Junie –14 Julie) R45 970
Die toerprys is onderhewig aan wisselkoers skommelinge en lugtarief-verhogings. Toerprys saamgestel teen R10,80 = EUR1,00 en lugtariewe soos op 10 Nov 2011. Toerprys is gebaseer op ‘n minimum van 16 passasiers wat saamreis. Lugtariewe is onderhewig aan beskikbaarheid tydens bespreking en u inskrywing op hierdie toer moet ons so gou as moontlik bereik om beskikbaarheid te verseker.
Toerprys is soos volg saamgestel: Lugreisgeld: R5 600
- Opsie 1: Landreëlings EUR2 216 / R24 376
- Opsie 2: Landreëlings EUR2 220 / R24 420
- Opsie 3: Landreëlings EUR3 670 / R40 370
|
Ingesluit:
|
Nie ingesluit:
|
|
• Ekonomiese retoer lugreisgeld met Lufthansa
• Toeristeklas hotelakkommodasie met privaatgeriewe • Engelssprekende toergidse en luukse busvervoer • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program • Etes soos program • Oornagferries - binnekajuite |
• Fooitjies aan gidse, busbestuurders en
hotelpersoneel EUR$6 per dag
• Lughawebelasting en brandstof vanaf (R3 738) • Visumkostes: Schengen (EUR80) & Rusland (R695) • Enkelkamer (opsioneel) EUR95 per nag • Reisversekering |
Vir nadere besonderhede, kontak
Feesia van der Colf
Posbus 44492, LINDEN 2104
Tel: (011)678-1536 of 082 876 1421
