|
|
EUROPA 2013 Frankryk, Hongarye, Oostenryk, Slovenië, Italië en Switzerland onder leiding van Kokkie & Silvi Herman
Vertrekdatum: Donderdag, 21 Maart 2013 |
![]() |
|
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt (A)-Aandete (*)-Ete aan boor die vliegtuig
|
||
Dag 1: Donderdag, 21 Maart JOHANNESBURG – PARYS
Ontmoet mekaar om 17:00 by die Air France inboek-toonbank in die vertreksaal van die Johannesburgse O.R. Tambo Internasionale lughawe. Vertrek om 20:15 na Parys. Oornag aan BOORD (A*)
Dag 2: Vrydag, 22 Maart PARYS
Stryk om 05:55 op die Charles de Gaulle lughawe in Parys in Frankryk neer. Ons toerbus staan gereed om ons na Versailles, ‘n voorstad van Parys wat sowat 20km Suid-wes van die Franse hoofstad geleë is. Sien die Paleis van Versailles voordat ons na ons hotel oorgeplaas word. Middag tot ons beskiking om die La Défense distrik saam met ons toerleier te verken. Vanaand besoek ons die bekende Louvre Museum. Dit is ‘n museum en monument wat spog met die meeste besoekers ter wêreld. Aandete en oornag in PARYS (O*)(A) Ibis Tour Eiffel Cambronne hotel
Dag 3: Saterdag, 23 Maart PARYS
Ontbyt word in ons hotel bedien. Met ons moltrein-pas verken ons Parys op eie stoom. Vandag se hoogtepunte sluit heuwel van Montmartre in waar ons die Basiliek bekend as die Sacré Coeur besigtig. Die bekende Notre Dame katedraal is deel van ons program. Na aandete neem ons die hysbak met die Eiffel toring op en onderneem dan ‘n “Paris by Night” bootvaart op die Seinerivier. Oornag in PARYS (O)(A)
Dag 4: Sondag, 24 Maart PARYS
Na ontbyt het ons die dag vry om Parys op eie stoom te verken. Daar is geleentheid vir ‘n opsionele besoek aan Eurodisney. Aandete en oornag in PARYS (O)(A)
Dag 5: Maandag, 25 Maart PARYS – BUDAPEST (900km / vliegtuig 1uur,10 min)
Ons word na die lughawe oorgeplaas vir die vlug wat om 09:50 na Budapest in Hongarye vertrek. Mat die aankoms om 12:00 word ons op die lughawe ontmoet en na die hotel oorgeplaas. Onderneem ‘n oriëntasietoer van die stad en geniet ‘n bootvaart op die Donaurivier; naas die Volga, die tweede langste rivier in Europa. Aandete en oornag in BUDAPEST (O)(A)
Dag 6: Dinsdag, 26 Maart BUDAPEST
Met ons “travel card” is dit vandag ‘n opwindende ervaring wanneer ons die hoogtepunte van die stad besigtig. Besoek die Széchenyi Chain, Margaret, Elizabeth en die Onafhanklikheidsbrûe. ‘n Trem neem ons na die Koninklike paleis wat in die Budapest Kastele-distrik geleë is. Van die Gellért-heuwel af geniet ons ‘n indrukwekkende uitsig van Budapest en die Elizabeth brug. Besoek een van die hoof voetgangerstrate in Budapest bekend as Váci Utca. Die St Stephen’s kerk en die Millenium plein is op ons roete voordat aandete by die hotel bedien word. Oornag in BUDAPEST (O)(A) Alfa Hotel Fiesta (Classic)
Dag 7: Woensdag, 27 Maart BUDAPEST – WENE (250km / 2ure,30min)
Na ontbyt vetrek ons na Szentendre, ‘n sjarmante klein dorpie met ‘n Mediterreense atmosfeer, nie ver van Budapest op die oewer van die Danube (Donaurivier). Reis verder na Gyor wat ons halfpad-stop na Wene is. Dit is een van die groot stede naby die grens met Slowakye. Steek die grens na Wene, die hoofstad van Oostenryk oor. Met die aankoms in Wene maak ons eers ‘n draai by die Lippizaners Spaanse ryskool. Vanaand se hoogtepunt is ‘n kleurvolle Volksdansvertoning van die Wiener Heurigen met hulle talentvolle musikante wat die aand onvergeetlik gaan maak! Oornag in WENE (O)(A) Atlanta Hotel Vienna
Dag 8: Donderdag, 28 Maart WENE
Ons toergids is net na ontbyt gereed om die hoogtepunte van Wenen tydens ons stadstoer uit te wys. Die Schönbrunn Paleis is sekerlik die mees gewilde toeriste-aantreklikheid in Wene. Na ons besoek sorg ons dat ons teen die middag-uur by die eeu-oue Anchor Klok op die oudste plein, die “Hoher Markt” in Wene is. Sien die St Stephen’s katedraal in die hartjie van die stad, asook die Hofburg paleis, die indrukwekkende Belvedere paleis en die kerk bekend as Karlskirche. Vertoef in die Johan Strauss Park voordat ons koers kies na die Seegrotte wat sowat 17km buite die stad geleë is. Dit is ‘n mynmuseum wat die grootste onderwater see in Europa huisves. Keer terug na ons hotel. Vanaand het ons geleentheid om ‘n opsionele opera in die Staatsoperahuis by te woon. Aandete en oornag in WENE (O)(A)
Dag 9: Vrydag, 29 Maart WENE – MELK – KREMS – GRAZ (200km / 2ure,30min)
Vertrek na ontbyt en reis na Melk, ‘n pragtige stad wat langs die Wachau vallei by die Danuberivier geleë is. Besoek die Melk Abdy wat oor die rivier en Danube-vallei troon. Gaan by Melk aan boord van ons rivierboot en vaar met die 38km-lange roete op die Danuberivier (Donou) in die Wachau vallei op. Gaan by Krems aan wal, die vyfde grootste stad in Oostenryk sowat 70km na die Westekant van Wene geleë. Reis verder na Graz waat ons lokale toergids ons inwag om die toeriste-aantreklikhede van die stad te besigtig. Graz is die tweede grootste sstad in Oostenryk en is bekend vir sy Studentelewe. Met ses uinversiteite spog hierdie stad met meer as 44000 studente! Graz is ‘n UNESCO Kulturele Erfenis stad. Oornag in GRAZ (O)(A) Austria Trend Europa
Dag 10: Saterdag, 30 Maart GRAZ – BLED (220km / 2ure,30min)
Ons neem die roete na die grens waar ons Slovenië binnegaan. Ons bestemming is die dorp Bled wat in die omgewing van die Julian Alpe op die oewer van die Bled-meer geleë is. Die Bled Kasteel is op ‘n rots in die meer gebou wat uitkyk oor hierdie gewilde toeristebestemming. Ons onderneem eers ‘n kort staptoer van die asemrowende Vintgar Kloof sowat 4km buitekant die stad, wat deur die vloei van die Radvona Rivier uit die sandsteen gekalwer is. In Beld neem ons lokale toergids ons op ‘n besigtigingstoer wat die hoogtepunte van die dorp insluit. Besoek die indrukwekkende 300 meter lange “Babj Zob” grotte. Aandete en oornag in BLED (O)(A) Best Western Premier Hotel Lovec
Dag 11: Sondag, 31 Maart BLED – LJUBLJANA – TRIESTE – VENESIË (320km / 4ure, 15 minute)
‘n Kort busrit neen ons na Ljublana, die hoofstad van Slovenië. Onderneem ’n staptoer van die ou-deel van Ljubljana en neem die tandrat trein na die Ljubljana Kasteel. Vertrek dan na die grens aan gaan Italië binne. Trieste is ‘n hawestad in Noord-oos Italië wat op die oewer van die Adriatiese see geleë is. Ons het tyd om die Middeleeuse deel van die Ou-stad op eie stoom te verken voordat ons koers kies na Venesië. Ons hotel is sentraal geleë en ons maak van die Vaporette op die waterkanale gebruik om by ons hotel te kom. Aandete en oornag in VENESIË (O)(A) Hotel Graspo de Ua, San Marco Venice
Dag 12: Maandag, 01 April VENESIË
Ons lokale toergids neem ons op ‘n stadstoer van Venesië. Besoek ‘n glasblaas-fabriek, sien die bekende St Markus Basiliek en bring tyd op die bedrywige St Makus hoofplein bekend as “Piazza San Marco” deur. Middag tot ons beskikking om Venesië op eie stoom te verken. Aandete en oornag in VENESIË (O)(A)
Dag 13: Dinsdag, 02 April VENESIË – MILAN – LAKE COMO (320km / 3ure,30min)
Reis vandag na Milan waar ons die stad met ons tperleiers verken. Reis verder die meer by Como, ‘n Italiaanse stad wat weens sy ligging naby die Alpe en Lake Como, ‘n gewilde toeristebestemming is. Ons het tyd tot ons beskiking om die stad op eie stoom te verken en ons lyf tipies “Italiaans” te hou! Aandete en oornag in COMO (O)(A) Best Western Continental hotel
Dag 14: Woendsag, 03 April COMO – LAUTERBRUNNEN (230km / 3ure)
Onderneem vanoggend ‘n bootvaart op die Como-meer en besigtig die asemrowende natuurskoon, prentjiemooi villas en weelderige plantegroei in hierdie Mediterreense klimaat. Reis vanmiddag na die dorpie Lauterbrunnen in Switzerland waar ons betyds vir aandete by ons hotel arriveer. Oornag in LAUTERBRUNNEN (O)(A) Schützen Lauterbrunnen
Dag 15: Donderdag, 04 April LAUTERBRUNNEN – INTERLAKEN – VITZNAU (98km / 1uur,30min)
Lauterbrunnen is in ‘n vallei geleë met die Staubachvalle, die Jungfrau gebergte en die Lauterbrunnen Muur; ‘n berg in die agtergrond. Die kabelspoor neem ons vanoggend op ‘n skilderagtige roete teen die Schilthorn berg op. Geniet die asemrowende uitsig oor die Eiger, Mönch en Jungfrau gebergte. Ons kombineer ons toer met ‘n uitstappie deur die panoramiese spa-oord van Mürren. Geniet ‘n tandratspoor treinrit na Allmendhubel om besoek te bring aan die Trümmelbach gletser en die watervalle in Stechelberg. Reis verder na Interlaken vir ‘n koert besoek aan dié pragtige dorpie voordat one koers kies na Vitznau, ‘n vakansiedorp wat in die idilliese baai van Lake Lucerne aan die voet van die Rigi gebergte geleë is. Aandete en oornag in VITZNAU (O)(A) Rigi Hotel
Dag 16: Vrydag, 05 April VITZNAU – WEGGIS – LUCERNE (40km / 45min)
‘n Tien-minute busrit neem ons na nabygeleë Weggis waar ons tyd het om die middedorp op ons eie te geniet. Gaan by Weggis aan boord vir ons bootvaart op Lake Lucerne. Neem die kabelspoor na die kruin van berg Pilatus voordat ons na Lucerne reis. Sien die hoogtepunte van Lucerne tydens ons begeleide stastoer. Aandete en oornag in LUCERNE (O)(A) Drei Koenige Hotel
Dag 17: Saterdag, 06 April LUCERNE – ZURICH (52km / 40min)
Vertrek na ontbyt en reis na Zurich waar ons lokale toergids ons op ‘n toer van die hoogtepunte in Zurich neem. Bring tyd in die Ou-stad deur voordat ons na die lughawe oorgeplaas word vir die terugvlug wat om 19:40 na parys vertrek. Arriveer om 21:10 in Parys en sluit aan by die vlug wat om 23:20 na Johannesburg vertrek. Oornag aan BOORD (O)(A*)
Dag 18: Sondag, 07April JOHANNESBURG
Stryk om 09:50 op Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale lughawe neer. Eendag maak ons weer so! (O*)
Toerprys: R32 800 per persoon
Lugreisgeld: R7 950 / Landreëlings: R24 850 / EUR2 485
Tariewe is per persoon wat ‘n kamer deel gebaseer EUR1,00 = R10,00
Beperkte sitplekke is beskikbaar en ‘n deposito van R3 000 is betaalbaar om u plek te verseker.
|
Ingesluit:
|
Nie ingesluit: |
|
• Ekonomiese retoer lugreisgeld insluitend Lughawebelasting en Brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings
• Ontbyt en aandete soos per program
• Akkommodasie in goeie driester toeristeklas hotelle
• Engelssprekende lokale toergidse en luukse busvervoer
• Besigtigingstoere soos per program
|
• Enkelkamer (opsioneel) EUR65 per nag
• Schengen Visumkostes ongeveer EUR80
• Reisversekering vanaf R580
|
Vir nadere besonderhede, kontak
Kokkie of Silvi Herman
Tel: 083 232-7330 / 011 913-1055 / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

