Jan de Wet 

Jan de Wet


EUROPESE
BIKE-TOER 2012!
Ry in Duitsland,
Oostenryk, Switserland,
Frankryk & Italië
oor die skilderagtige
Europese Alpe!
(5 lande in 8 dae!)
saam met
Jan de Wet
Vertrek: 09 Junie 2012
Terug op 20 Junie

biketoer
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt   (A)-Aandete   (*)-Ete aan boor die vliegtuig

 

 

Dag 1: Saterdag, 09 Junie  JOHANNESBURG – MÜNCHENbike1

Ontmoet mekaar om 17:30 by die Suid-Afrikaanse Lugdiens toonbank op die Johannesburgse   O.R.Tambo Internasionale Lughawe. Vertrek om 20:50 na München in Duitsland. Oornag aan BOORD    (A*)

 

Dag 2: Sondag, 10 Junie  MÜNCHEN
Stryk om 07:20 in München neer waar ons ontmoet word en na ons hotel oorgeplaas word. Ons het die dag vry om die pragtige stad München op eie stoom  te verken. Aandete en oornag in MÜNCHEN  (O*)(A)

 

Dag 3: Maandag, 11 Junie  MÜNCHEN – IMST (166km)
Vertrek vanoggend vanaf ons hotel na die Suide van München waar ons motorfietse gereed staan. Ry dan ongeveer 80km ver tot by skilderagtige Oberammergau en Garmisch-Partenkirchen in die Bavariese Alpe. Ry oor die Alpe na Lermoos en die Ferrnpas tot by Imst in Oostenryk. Aandete en oornag in die omgewing van IMST (O)(A)

 

Dag 4: Dinsdag, 12 JunieIMST – DISENTIS MUSTÉR – SEDRUN (240km)

Na ‘n heerlike nag se rus vat ons die pad Suid-wes deur ‘n Alpe wêreld in die rigting van Nauders waar ons die Switserse grens oorsteek op pad na Davos al langs die Switserse Nasionale Park. Ry tot by Chur en verder tot by Disentis-Muster. Aandete en oornag indie omgewing van Disentis Muster in nabygeleë SEDRUN (O)(A)


Dag 5: Woensdag, 13 Junie  DISENTIS MUSTÉR – MONTREUX (269km)

Die roete neem ons vanoggend tot by Andermatt waar ons geleentheid het om die omgewing te verken. Ons swaai verder Wes-waarts en reis oor Brienz na  Spiez en Aigle. Dan is dit ‘n kort rit na Montreux op die oewer van die Geneva meer. Aandete en oornag in die omgewing van MONTREUX (O)(A)


Dag 6: Donderdag, 14 Junie MONTREUX – THONON LES BAINS – CLUSES – MONT BLANC – MARTIGNY (212km)

Vertrek in die rigting van Lac Leman (die Geneve Meer) en ry aan die Suidelike oewer van hierdie meer tot by Thonon-Les-Bains. Ons is nou in Frankryk en swaai Suid via Cluses na die hoogste bergpiek in Europa – pragtige Mont Blanc. Ons kuier in die skilderagtige Chamonix en ry dan oor die Alpe na Martigny in Switzerland. Aandete en oornag by ons hotel in die omgewing van MARTIGNY(O)(A)


Dag 7: Vrydag, 15 Junie MARTIGNY – VARESE (241km)

Vertrek na ontbyt en neem die roete in die rigting van Naters en swaai dan Suid oor die pragtige Simplon-pas na Varso en verder na Stresa. Die roete neem ons op die oewer van die Lago Maggiore-meer na Arona en ons bestemming Varese. Aandete en oornag in die omgewing van VARESE (O)(A)


Dag 8: Saterdag, 16 Junie DUBINO – BORMIO – MERANO (285km)

Vertrek vanoggend Noordwaarts al langs die oewer van die Como-meer tot by Dubino en dan in ‘n Oostelike rigting via Tirano en Bormio tot by Merano in die Italiaanse dolomiet-berge. Merano is ‘n spa-stad in die Passeier Vallei in die Suid-Italiaanse Tirool omring deur majestieuse berge. Aandete en oornag in die omgewing van MERANO (O)(A)


Dag 9: Sondag, 17 Junie TIROL – NEUSTIFT (110km)

Bring vanoggend besoek aan Tirollo en ry dan Noordwaarts oor die uitdagende Alpe en die Brennerpas tot in pragtige Stubaital. Reis verder na Neustift. Aandete en oornag by ons hotel in die omgewing van NEUSTIFT (O)(A)

 

Dag 10: Maandag, 18 Junie NEUSTIFT –– MÜNCHEN (175km)

Vertrek vandag na Innsbruck. Die roete neem ons verder via Bad Tölz en Grunwald en terug na München. Ons gee die fietse terug en word na ons hotel oorgeplaas. Aandete en oornag in MÜNCHEN (O)(A)


Dag 11: Dinsdag, 19 Junie MÜNCHEN –– JOHANNESBURG

Oggend vry om nog vir oulaas München te verken. Ons word vanmiddag na die lughawe oorgeplaas vir die vlug wat om 21:55 na Johannesburg vertrek. Oornag aan BOORD (O)(A*)


Dag 12: Woensdag, 20 Junie JOHANNESBURG

Stryk om 08:20 in Johannesburg neer (O*)

 

 bike2

Bespreking van u fiets moet vroegtydig gemaak word en is
onderhewig aan beskikbaarheid tydens bespreking. Sien asb die
aangehegde registrasievorm waarop die fietskeuses gemaak kan
word. Daar is beperkte plek beskikbaar op hierdie toer en
vroegtydige bespreking is noodsaaklik.
Deposito van R5 000 per persoon is betaalbaar
om u plek te verseker.


BASIESE TOERPRYS: R26 990
(Lugreisgeld: R8 400 / Landreëlings: R18 590 / EUR1 690)
MOTORFIETSHUUR: Addisionele koste soos hieronder
uiteengesit. Bevestiging onderhewig aan beskikbaarheid tydens
bespreking – u fiets moet vroegtydig bespreek word.

 

 

 

 

 

 

 

ADDISIONELE KOSTE: Motorfietshuur vir 8 dae insluitend 3000km afstand
Beskikbare fietse:
• Honda Transalp 650 (2 available @ R7 980) • BMW F800-S (1 available @ R10 480)
• BMW F800-R (1 available @ R10 480) • BMW R1150-R (2 available @ R10 480)
• BMW R1200-GS (7 available @ R11 580) • BMW F800-GS (1 available @ R11 580)
• BMW R1200-ST (2 available @ R11 580) • BMW R1150RT (1 available @ R11 580) (including side cases)
• Yamaha Fazer 600 (1 available @ R11 580) • BMW R1200-GS ADV (1 available @ R12 280)
• BMW R1200-RT (8 available @ R12 280) (including side cases)
• BMW R1200-CL (1 available @ R12 580) (including side cases and rear case)


Opsionele Ekstras:
• Luggage side cases for any of the above (unless already included) – R860

• Rear case - add R860

• Zumo sat nav system – add R1 680   

• Helmet – add R540   

• Riding jacket (cordura) – add R540

• Rain suit – add R330                       

• Gloves – add R220

 

 

Ingesluit:
Nie ingesluit:
• Ekonomiese klas retoervlugte vanaf Johannesburg insluitend
   lughawebelasting en brandstofheffing
• Lughawe/hotel retoer oorplasings
• Etes soos per program: (O)-Ontbyt (A)-Aandete
• Goeie drie- en vierster toeristeklas akkommodasie
• Bystandsvoertuig wat deurgaans saamreis
• Opsionele enkelkamer (EUR80 per nag)
• Schengen Visumkostes vanaf EUR80
• Reisversekering
• Brandstof (verwagte koste R2 500)
• Tolhekke indien enige (sover moontlik
   vermy ons die tolroetes)
• Motorfietshuur en motorfietsversekering

 Vir nadere besonderhede, kontak

 Louise Fourie

082 552 6897

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Reisprogram blue  AanlynRegistrasie blue  Registrasievorm blue