|
|
Australië Vertrek: Saterdag, 20 Oktober 2012
|
![]() |
|
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt (A)-Aandete (*)-Ete aan boor die vliegtui
|
||
Dag 1: Saterdag, 20 Oktober JOHANNESBURG – SYDNEY
Ontmoet mekaar by die Qantas Airlines toonbank om 14:30 in die Internasionale vertreksaal van die O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Vertrek om 18:15 met na Sydney. Oornag aan BOORD (A*)
Dag 2: Sondag, 21 Oktober SYDNEY
Arriveer om 14:05 in Sydney. U word op die lughawe ontmoet en na die hotel oorgeplaas. Sydney, die grootste kosmopolitaanse stad in Australië, is op water gebou. Die boog van die hawebrug en die wit koepels van die Operahuis is landmerke sinoniem met hierdie polsende stad. Die hawe-restourante en -kafees is ‘n gewilde kuierplek, met seilbote en ferries wat heen en weer deur die besige hawe vaar. Die meeste van die stad se vermaak is in hierdie gebied gekonsentreer. Oornag in SYDNEY (O*)
Dag 3: Maandag, 22 Oktober SYDNEY – CAIRNS
Ons onderneem vandag ‘n stadstoer wat die hoogtepunte van Sydney insluit. Hierdie stad huisves vier-miljoen mense wat vanuit ‘n verskeidenheid nasionaliteite saamgestel is. Geniet pragtige uitsigte van die “Rocks” gebied waar die eerste Europese setlaars hulle in 1788 gevestig het. Steek die Sydney Hawebrug oor en sien die noordelike strande van Dee Why, Curl Curl en Queenscliff wanneer ons oor die pragtige “Middle Harbour” reis. U word dan na die lughawe oorgeplaas vir die Qantas Airways na Cairns wat om 19:35 vertrek. Arriveer om 22:45 in Cairns, die hoofstad van tropiese Noord-Queensland waar u ontmoet en na u hotel geneem word. Oornag in CAIRNS (O)
Dag 4: Dinsdag, 23 Oktober BARRIER REEF – CAIRNS
Cairns is ‘n tropiese wildernis waar reënwoud en seerif mekaar ontmoet. Ons onderneem ‘n voldag toer wanneer ons aan boord van die “Ocean Spirit” gaan vir die bootvaart na Michelmas Cay. Hier het u geleentheid om te swem en die groot verskeidenheid van tropiese visse, reuse gaapskulpe en trekvoëls te sien. Keer terug vir oornag in CAIRNS (O)
Dag 5: Woensdag, 24 Oktober KURANDA – CAIRNS
Geniet ‘n voldag toer wat ‘n treinrit van Cairns na Kuranda insluit. Neem die eeu-oue Kuranda trein met sy antieke houtkompartemente op ‘n asemrowende 34kilometer treinrit deur skilderagtige natuurskoon en digte tropiese reënwoude na die sjarmate dorpie Kuranda. Die markte by Kuranda is bekend vir sy lokale handwerk, kuns, vars produkte en die nuutste modes. Die uitstappie sluit die lugspoor vir ‘n boom-top rit op die wêreld se langste gondel-kabelspoor in. Besoek die Reënwoud inligtingsentrum Barron Falls stasie vir uitsigte oor die kloof en valle. Middagete is by u program ingesluit. Die Pamagirri Inboorling-dansgroep met hul boemerang-gooi sal u vermaak. Die “Army Duck” neem u deur die reënwoud en ‘n foto saam met ‘n koalabeer dien as bewys dat u dit beleef het. Hierdie is “Crocodile Dundee” -wêreld waar groot krokodille te sien is en u kangaroos met die hand kan voer. Keer terug na CAIRNS (O)(M)
Dag 6: Donderdag, 25 Oktober CAIRNS – BRISBANE
Na ontbyt word u na die lughawe oorgeplaas vir Qantas Airways vlug QF709 na Brisbane wat om 10:15 vertrek. Met die aankoms in Brisbane om 12:20 word u na u hotel oorgeplaas. Brisbane is op die heuwels van Moreton-baai geleë. Die kristalhelder water is oortrek met 365 eilande wat hierdie gebied ‘n baie gewilde toeriste-bestemming maak. Oornag in BRISBANE (O)
Dag 7: Vrydag, 26 Oktober BRISBANE
Ontbyt word in u hotel bedien. Onderneem ‘n voldag toer van die “Goue Kus”. Sodra ons die Captain Cook brug oorgesteek het, sal u verstaan waarom hierdie gebied so gewild is. Met 42 kilometer goue onbesoedelde strande wat deur lewensredders gepatroleer word, In “Surfer’s Paradise” en Cavill Straat is daar ‘n wye verskeidenheid winkels en heerlike eetplekkies. Besoek Jupiter’s Casino voordat ons na Brisbane terugkeer. Aandete en oornag by u hotel in BRISBANE (O)(A)
Dag 8: Saterdag, 27 Oktober BRISBANE – AUCKLAND
Na ontbyt word u na die lughawe oorgeplaas vir die Qantas Airways vlug na Auckland wat om 09:50 vertrek. “Haeri Mai” – welkom in Nieu Seeland! Met die aankoms om 15:50 word u ontmoet en na u hotel oorgeplaas. Oornag in AUCKLAND (O)
Dag 9: Sondag, 28 Oktober AUCKLAND – ROTORUA
Vertrek net na ontbyt op ‘n besigtigingstoer van Auckland. Geniet ‘n panoramiese uitsig vanaf die kruin van die berg Eden, ‘n uitgedoofde vulkaan. By die Waitomo Grotte onderneem ons ‘n begeleide bootvaart van die fasinerende “glow-worm” grot. Reis verder na die warm Rotorua gebied. Vanaand word u getrakteer met ‘n nagtelike Maori “hangi” ete en konsert by die hotel, wat baie van die Polynesiese geskiedenis en kultuur blootlê. Oornag in ROTORUA (O)(A)
Dag 10: Maandag, 29 Oktober ROTORUA
Rotorua is sowat 129 kilometer suid van Auckland geleë. Dit is die tuiste van die Maori-mens en een van die gewildste aantreklikhede in Nieu Seeland. Ons besigtigingstoer sluit ‘n besoek aan die Agrodome met ‘n indrukwekkende vertoning van mak skape, skaap-honde en ander landelike uitstallings in. Doen aan by Rainbow Springs waar Forelle en die skaars Kiwi-voël in hulle natuurlike habitat te sien is. Besoek die Whakarewarewa reservaat met sy kokende modderpoele en spuitbronne. Besoek ‘n model-Maori dorpie met ‘n handwerksentrum voordat u na die hotel terugkeer. Oornag in ROTORUA (O)(A)
Dag 11: Dinsdag, 30 Oktober ROTORUA – CHRISTCHURCH – FOX GLETSER
U word vanoggend na die lughawe oorgeplaas vir Qantas Airways se vlug om 13:45 na Christchurch. Met u aankoms om 15:00 word u op die lughawe ontmoet en vertrek dan per luukse toerbus vir ‘n kort besigtigingstoer van Christchurch. Hierdie stad staan ook bekend as die mees “Engelse” stad buite Engeland. Christchurch is die Suid-eiland se grootste stad, waarvan ‘n derde gereserveer is vir parke, sportvelde en natuurreservate, en daarom die naam “Garden City”. Kies dan koers deur die Suidelike Alpe na die wêreld se mees toeganklike gletser, Fox Gletser. U word na u hotel oorgeplaas vir oornag in FOX GLETSER (O)(A)
Dag 12: Woensdag, 31 Oktober FOX GLETSER – QUEENSTOWN
Besigtig vanoggend die Fox Gletser. Vertrek dan deur die asemrowende natuurskoon van die Haast pas, en stop naby die kruin vir ‘n kort besoek aan die “Thunder Falls”. Sien indrukwekkende meer-tonele op die pad verby die Gibbston Vallei wingerde en historiese Arrowtown op die pad na Queenstown. U word na u hotel oorgeplaas vir oornag in QUEENSTOWN (O)
Dag 13: Donderdag, 01 November MILFORD SOUND – QUEENSTOWN
Vertrek na ontbyt en reis na Milford Sound. Geniet ‘n bootvaart, sien die Mitre piek en manjefieke Bowen valle. Die roete neem ons met die oewer van die Wakatipu meer langs. Keer terug na u hotel in QUEENSTOWN (O)(M)
Dag 14: Vrydag, 02 November QUEENSTOWN – MT COOK
Vertrek net na ontbyt en reis na Mt Cook, wêreldbekend vir sy Nasionale park. Mt Cook is aan die bopunt van die Pukaki meer geleë wat meer as 3 754 meter bo seespieël troon. Hierdie berg staan by die Maoris bekend as “Aorangi” – die wolkbreker. Oornag in MT COOK (O)(A)
Dag 15: Saterdag, 03 November MT COOK – CHRISTCHURCH
Reis oor “Lake Tekapo” met sy bekoorlike “Kerk van die Goeie Herder”. Verder vir oornag in CHRISTCHURCH (O)
Dag 16: Sondag, 04 November CHRISTCHURCH – SYDNEY – PERTH
Oorplasing na die Christchurch lughawe vir die vlug wat om 13:25 na Sydney vertrek. Arriveer om 14:50 en sluit om 17:50 aan by die vlug na Perth waar ons om 21:00 neerstryk. Sluit om 23:50 by die vlug na Johannesburg aan. Oornag aan BOORD (M*)(A*)
Dag 17: Maandag, 05 November JOHANNESBURG
Aankomstyd in Johannesburg is om 05:20. (O*)
OPSIONELE VERLENGING VAN U TOER IN PERTH
Dag 16: Sondag, 04 November CHRISTCHURCH – SYDNEY – PERTH
Oorplasing na die Christchurch lughawe vir die vlug wat om 13:25 na Sydney vertrek. Arriveer om 14:50 en sluit om 17:50 aan by
die vlug na Perth waar ons om 21:00 neerstryk. Oornag PERTH (M*)
Dag 17: Maandag, 05 November PERTH
Vertrek na Freemantle, bekend vir sy ou geboue en kulturele diversiteit. Freemantle is ‘n werkende hawe met besige winkels,
restourante, koffie-winkels en markte – ‘n gesogte toeriste bestemming! Oornag PERTH (O)
Dag 18: Dinsdag, 06 November PERTH
Geniet ‘n toer van Perth en sien die hoogtepunte van die stad. Oorplasing na die lughawe vir die Qantas Airways vlug wat om
23:50 na Johannesburg vertrek. Oornag aan BOORD (A*)
Dag 19: Woensdag, 07 November JOHANNESBURG
Arriveer om 05:20 op O.R. Tambo Internasionale Lughawe. (O*)
TOERPRYS:
- Opsie 1: Slegs 9-dag Australië (20 – 28 Oktober) R25 965
- Opsie 2: Slegs 11-dag Nieu Seeland (26 Oktober – 05 November) R28 990
- Opsie 3: Kombineer bogenoemde toere vir ‘n 17-dag pakket (20 Oktober – 05 November) R43 986
- Opsie 4: Verlenging van die bogenoemde opsies: Opsionele verlenging na Perth R3 988 addisioneel
Die toerprys is onderhewig aan wisselkoers skommelinge en lugtarief-verhogings.
Toerprys is saamgestel teen R8,30 = AUD1,00 en R6,30 = NZD1,00 en heersende lugtariewe soos op 17 Nov 2011.
Toerprys is gebaseer op ‘n minimum van 16 passasiers wat saamreis.
|
Ingesluit:
|
Nie ingesluit:
|
|
• Ekonomiese-klas retoervlugte met Qantas Airlines
• Lughawe / hotel / hawe retoer oorplasings soos per program • Etes soos per program • Akkommodasie in goeie toeristeklas hotelle • Engelssprekende toergidse met luukse busvervoer • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program |
• Lughawebelasting en brandstofheffing
vanaf R3 546
• Fooitjies aan toergidse, busbestuurders en portiere (ongeveer US$6 per persoon
per dag)
• Enkelkamer (Opsioneel) R650 per nag • Reisversekering • Visumkoste vir Australië |
Vir nadere besonderhede, kontak
Feesia van der Colf
Posbus 44492, LINDEN 2104
Tel: (011)678-1536 of 082 876 1421
