MEXIKO

met 'n opsionele
bootvaart na die

BAHAMAS


Vertrekdatum:

Vrydag, 18 MEI 2012


Mexiko
BUITELYNE VAN ONS REISPLAN
(O)-Ontbyt   (A)-Aandete   (*)-Ete aan boor die vliegtuig

 

DAG 1: Vrydag, 18 Mei JOHANNESBURG – PARYS
Ontmoet mekaar om 16:30 by die Air
France toonbank in die Internasionale Vertreksaal van Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe waar 'n Stargate International verteenwoordiger gereed staan om u met voorvertrek-formaliteite by te staan. Vertrek om 19:25 na Parys in Frankryk.  Oornag aan boord die VLIEGTUIG (A*)


DAG 2: Saterdag, 19 Mei PARYS – MEXICO CITY
Arriveer om 06:05 in Parys. Sluit aan by die vlug om 13:30 na Mexico City. Met die aankoms om 18:10 in Mexico City word u ontmoet en na die hotel oorgeplaas. Oornag in MEXICO CITY (O*)


DAG 3: Sondag, 20 Mei MEXICO CITY
Na ontbyt vertrek u op 'n stadstoer van Mexico City. Besoek die Zocalo (hoofplein) wat omring is deur die stad se Regeringsgeboue, Nasionale Paleis en  Katedraal. Reis na Teotihuacan, een van die belangrikste argeologiese gebiede in Mexico. Hier besoek ons onder andere die Son-en Maanpiramides, Citadel  en Dead Road. Geniet middagete by die Fonda El Refugio restaurant voordat u terugkeer na Mexico City. Aandete en oornag in MEXICO CITY (O)(M)(A)


DAG 4: Maandag, 21 Mei MEXIKO CITY – ACAPULCO
Ooplasing na die lughawe vir die vlug na Acapulco wat om 08:50 vertrek. Met die aankoms om 09:45 word u ontmoet en na die hotel oorgeplaas. Acapulco is 'n hawestad, bekend vir sy kransduikers by La Quebrada. U het die middag tot u beskikking om Acapulco te verken. Oornag ACAPULCO (O)


DAG 5: Dinsdag, 22 Mei ACAPULCO
Na ontbyt onderneem ons 'n kort busrit na Coyuca - 'n tropiese paradys wat net buite Acapulco geleë is en reis dan verder per motorboot na Coyuca Lagoon. Hierdie 9 myl-lange varswatermeer is elke visserman se droom! Middagete word hier bedien. Oornag ACAPULCO (O)(M)


DAG 6: Woensdag, 23 Mei ACAPULCO – VILLAHERMOSA
Ons vlug na Villahermosa vertrek om 14:15 na Mexiko City. Met die aankoms om 15:15 sluit ons aan by die vlug wat om 17:30 na Villahermosa vertrek. Arriveer om 18:57 in Villahermosa en word na ons hotel oorgeplaas. Oornag VILLAHERMOSA (O)


DAG 7: Donderdag, 24 Mei VILLAHERMOSA – PALENQUE – CAMPECHE
Geniet 'n kort oriënteringstoer van Villahermosa. Vertrek dan deur piesang- en koffieplantasies na die misterieuse Palenque. Palenque was 1500 jaar gelede gebou en was die middelpunt van 'n eertydse stad. Besigtig die Tempel, Hofgebou, Paleis en Plaza. Hierdie ruines is vandag omring deur 'n tropiese oerwoud. Reis na Campeche, 350km noord van Palenque. Aandete en oornag CAMPECHE (O)(A)


DAG 8: Vrydag, 25 Mei CAMPECHE – UXMAL – MERIDA
Na ontbyt onderneem ons 'n besigtigingstoer van Campeche voordat ons na Merida via Uxmal vertrek, die argeologiese gebied met tipiese vrymesselgeboue,  museums, curio-winkels en restaurante. Uxmal staan bekend as een van die mees elegante stede met ruines wat die klassieke Mayan argitektuur  verteenwoordig. Die monumente is met delikate beeldhouwerk oortrek. Onderneem ‘n besigtigingstoer van Merida. Oornag in MERIDA (O)


DAG 9: Saterdag, 26 Mei MERIDA – CHICHEN – ITZA – CANCUN
Reis na Chichen-Itza, die beroemdste en bes-gerestoureerde van die antieke bouterreine. Van El Castillo piramiede het u 'n fantastiese uitsig oor die Majiese verlede. Sien ook die Chac- en Jaguar-tempels. Oorplasing na ons hotel in Cancun op die Karibiese See. Oornag in CANCUN (O)


DAG 10: Sondag, 27 Mei CANCUN
Ontbyt word in die hotel bedien. U het die dag vry om een van die skilderagtigste kus-oorde ter wêreld te geniet. Die sonsoekers kan op die strand ontspan. Oornag CANCUN (O)


DAG 11: Maandag, 28 Mei CANCUN – PARYS
Oggend vry in Cancun. Oorplasing na die lughawe vir die vlug na Mexiko City wat om 17:35 vertrek. Stryk om 20:05 in Mexiko City neer en sluit aan by die vlug wat om 23:20 na Parys in Frankryk vertrek. Oornag aan boord die VLIEGTUIG (O)(A*)


DAG 12: Dinsdag, 29 Mei PARYS – JOHANNESBURG
Arriveer om 16:50 in Parys. Die terugvlug na Suid-Afrika vertrek om 23:30. Oornag aan BOORD (O*)


DAG 13: Woensdag, 30 Mei JOHANNESBURG
Arriveer om 09:50 op Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe – ryk aan ervaring en verryk in die gees! (O*)

 

OPSIONELE VERLENGING
met 'n bootvaart na die
BAHAMAS

 


DAG 11: Maandag, 04 Julie CANCUN – MIAMI
Vroegoggend oorplasing na die lughawe vir die vlug na Miami wat om 06:55 vertrek. Arriveer om 09:35 in Miami waar u ontmoet en na die hawe oorgeplaas word. Gaan aan boord die Majesty of the Seas Royal Caribbean skip. Hierdie eersteklas passasierskip se fasiliteite sal u nie vir 'n oomblik verveeld laat nie! Die skip vertrek om 16:30 en oornag aan BOORD (A)


DAG 12: Dinsdag, 05 Julie   NASSAU

Arriveer om 08:00 in Nassau in die Bahamas. Die natuurlik beskutte hawe is van die vroegste tye in die geskiedenis van Nassau, die middelpunt van aktiwiteit. Nasau was die hoof basis vir die omstrede “Blackbeard” en kapteine van ten minste 20 seerowerskepe. Hierdie era het gelukkig in 1720 geëindig.   Die skip vertrek eers teen middernag na CocoCay. Oornag aan BOORD   (O)(M)(A)


DAG 13: Woensdag, 06 Julie   NASSAU – COCOCAY

Arriveer om 08:00 in CocoCay. Geniet hierdie privaat Karibiese eiland – eksklusief tot die beskikking van die Royal Caribbean passasiers! CocoCay is ‘n natuurlike ongerepte eiland met ‘n verskeidenheid tropiese palm-skadupaadjies en ruïnes wat ontdek kan word.   Vertrek om 17:00 na Key West. Oornag aan BOORD   (O)(M)(A)


DAG 13: Woensdag, 06 Julie   NASSAU – COCOCAY

Arriveer om 08:00 in CocoCay. Geniet hierdie privaat Karibiese eiland – eksklusief tot die beskikking van die Royal Caribbean passasiers! CocoCay is ‘n natuurlike ongerepte eiland met ‘n verskeidenheid tropiese palm-skadupaadjies en ruïnes wat ontdek kan word.   Vertrek om 17:00 na Key West. Oornag aan BOORD   (O)(M)(A)


DAG 14: Donderdag, 07 Julie   COCOCAY – MIAMI

Arriveer om 10:00 in Key West. Draai die tyd terug na die dae toe Key West ‘n besige hawestad was. Daar is meer as ‘n honderd interessante plekkies wat besoek kan word en verveeld gaan u beslis nie wees nie!! Maak seker dat u teen 18:00 terug aan boord is vir die vertrek na Miami. Oornag aan BOORD (O)(M)(A)


DAG 15: Vrydag, 08 Julie   MIAMI – PARYS

Arriveer in Miami om 07:00. Oorplasing na u hotel. Miami is ‘n stad van kulturele diversiteit. Hierdie stad met sy Art Deco argitektuur en menige restaurant is die wêreld se hoofstad van passasierskepe. Ons word deel van hierdie multikulturele metropolis met sy meer as 43 000 plesierbote. Die vlug na Parys vertrek om 17:50. Oornag aan BOORD (O)(A*)


DAG 16: Saterdag, 09 Julie   PARYS – JOHANNESBURG

Arriveer om 08:25 in Parys. U word na u hotel geneem. U kan gerus van die geleentheid gebruik maak om ‘n bootvaart op die Seinerivier te onderneem of die Eiffeltoring to besoek.   Sluit aan by u vlug na Johannesburg wat om 23:20 vertrek. Oornag aan BOORD (O*)


DAG 17: Sondag, 10 Julie   JOHANNESBURG

Arriveer vanoggend om 09:50 op Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe – ryk aan ervaring en verryk in die gees! (O*)


TOERPRYS:     13-dag toer na Mexico (18 – 30 Mei)  R34 990

Opsionele bootvaart na die Bahamas (28 Mei – 04 Junie)   R4 980 addisioneel

]

Die toerprys is onderhewig aan wisselkoers-skommelinge en lugtarief-verhogings.

Toerprys is saamgestel teen R7,50 = US$1

Internasionale Lugreisgeld: R10 200 + R5 800 = R16 000 (onderhewig aan vroeë bespreking en uitreik van vlugkaartjie)

Landreëlings: R18 990 / US$2 532

Toerprys gebaseer op 'n minimum van16 passasiers wat saamreis.


Ingesluit:
Nie ingesluit:
• Ekonomiese retoer lugreisgeld insluitend lughawebelasting en brandstofheffing
• Etes soos program
• Retoer oorplasings tussen lughawens en hotelle
•Toeristeklas vierster akkommodasie op ‘n 2-per kamer
basis met privaat geriewe
• Bootvaart in Buitekajuite
• Fooitjies en Hawebelasting tydens bootvaart
• Luukse busvervoer
• Engelssprekende toergidse
• Besigtigingstoere soos per program

• Ekstra fooitjies aan toergidse, busbestuurders en
  Hotelpersoneel US$6 per dag
• Visum vir Amerika ongeveer R1 000
• Visum vir Mexiko
• Visum vir Frankryk (Schengen)
• Enkelkamer (Opsioneel) USD65 per nag
• Opsionele reisversekering

 

Vir nadere besonderhede, kontak

 Feesia van der Colf

Posbus 44492, LINDEN 2104

Tel: (011)678-1536 of 082 876 1421

Reisprogram blue  AanlynRegistrasie blue  Registrasievorm blue