Stargate International Israel Toere

Search

Go to content

Akropolis - Athene
Mykonos
Patmos
Mausoleum -  Turkye

..

Welkom by Stargate International!

Kontakbesonderhede



Tel No:
+27 (0)11 918 7567
+27 (0)11 918 7612


Faks:
+27 (0)11 918 7632


Adres:
Cnr Ridge & Trichardts Str
Oaklane Office Park
Grippen Str
Bartlett
Boksburg


Kantoorure:
Maand - Vryd 09:00 - 17:00

Stargate International het ‘n interessante geskiedenis wat eintlik reeds in die tagtigerjare sy ankers in die Kaap as Tafelberg Toere gegooi het. Tafelberg Toere is in 1982 deur Johan Steyn gestig en het hoofsaaklik in reise na die Heilige Land gespesialiseer. Die lys van bestemmings na ander węrelddele het egter uitgebrei … tot só ‘n mate dat daar besluit is om Stargate International op die been te bring om in die groot aanvraag na duik- en ander sporttoere te voorsien. Stargate het onafhanklik gefunksioneer en in 1998 is Tafelberg by die Stargate International onderneming ingelyf om vanuit hul kantore op die Johannesburg Internasionale Lughawe ‘n persoonlike diens te lewer.

Vandag is Stargate International ‘n maatskappy wat sy plek in die reisbedryf volstaan. Die hartklop van die besigheid is Israel, en deur ons węreldwye verbintenis met die Internasionale Vered-groep, het ons ook ‘n onderneming wat passasiers vanuit die buiteland na Suid Afrika bring. Met die netwerk van kantore in Israel, Frankryk, Italië, die Filippyne, Thailand, Rusland en Suid Amerika is ons ‘n kompeterende groothandel diensverskaffer.

Ons is trots op vooraanstaande toerleiers wat vir baie jare groeptoere na Israel en ander bestemmings deur ons maatskappy onderneem.

Ons het die ervaring … ons het die kundigheid … maar bowenal het ons ‘n passie vir ons produk – gehalte toere na Israel, Turkye, Griekeland, Europa, Skandinawië, Suid Amerika, V.S.A. & Kanada, die Verre Ooste en die res van die węreld!

Stargate wil graag u vennoot na die buiteland wees … kontak ons vandag nog vir daardie toer van ‘n leeftyd!

Tuisblad | Gospel Israel Gala 2010 | Toere 2010 | Oberammergau 2010 | Skakels | Kontak ons | Site Map


Back to content | Back to main menu